Vyf sterf in Noordwes-botsing

Argieffoto

Vyf mense is Sondagmiddag op slag dood toe twee voertuie op die N4 naby Groot-Marico in Noordwes gebots het.

Die twee voertuie het in teenoorgestelde rigtings gery toe hulle tussen 12:00 en 13:00 reg van voor gebots het. Vier mans en ʼn vrou is in die ongeluk dood.

Sello Lehari, LUR van gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur in Noordwes, het intussen sy medelye met die oorledenes se naasbestaandes uitgespreek.

Lehari het daarop gewys dat die N4 een van die besigste nasionale roetes is wat Mosambiek en Botswana asook Namibië verbind.

“Die departement het reeds met wetstoepassings op alle hoofroetes in die provinsie begin om padsterftes te probeer verminder. Ons doen weer eens ʼn beroep op ons padgebruikers om geduldig te wees en veilig te bestuur.”

Volgens Lehari is ’n ondersoek na die oorsaak van die botsing reeds van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nico ·

Sonder om die die omstandighede te weet, kan ek onomwonde verklaar dat drank n reuse oorsaak is van ongelukke op die nasionale paaie oor naweke. veral Sondae. Ek daag enige persoon uit om net ‘n rukkie by ‘n ‘onestop’ te staan en kyk. Dan vertel jy my hoeveel mense jy sien drink het indie parkeerterrein in die paar minute.
Nou is my vraag: As dit so openlik gebeur, Hoekom word daar nie opgetree nie?

Androclus ·

Sondae wat veronderstel is dat ‘n mens kan lekker en veilig reis is nou ‘n doodsdag,’n mens kan nie meer Sondae op die pad gaan nie.Verkeerspolisie hou ook seker Sondae party.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.