Vyf sterf in trompop botsing

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mense is dood en talle beseer nadat twee passasiersvoertuie Maandag in KwaZulu-Natal gebots het.

Volgens die provinsie se departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid, het ʼn bus en ʼn minbustaxi mekaar omstreeks 01:00 naby Empangeni, wes van Richardsbaai, reg van voor getref.

“Die oorledenes en 10 mense wat beseer is, was almal insittendes van die taxi. Die taxi was onderweg van Pietermaritzburg na Empangeni. Die taxi se bestuurder is onder dié wat dood is,” het Mluleki Mntungwa, ʼn woordvoerder van die departement, gesê.

Die 10 beseerdes is na die Ngwelezana-hospitaal in Empangeni geneem vir behandeling.

Die departement het ʼn beroep op die publiek gedoen om geduldig te wees terwyl die polisie die presiese oorsaak van die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Weet dit is bad maar ek voel regtig nie meer simptieklik hulle ry soos hulle wil en dink hulle is above the law wat die passesiers aanbetref as iemand so met my ry sou ek uitklim….

Asjas ·

Taxis is duidelik ‘n gevaar op ons paaie maar ek het nog nooit gesien of gehoor dat Taxis met klippe gegooi word of aan die brand gesteek word nie. Mense strike graag, maar nog nooit daaraan gedink om Taxis vir ‘n week of slegs een dag te boikot totdat hulle leer bestuur!!
My simpatie is ook op met die mense. Mense wat rondgery wil word is by verre meer as die Taxi drywers maar die massas het nog nie besef hulle kan en mag in opstand kom en op beter dienste aandring nie!!
Ongelukkig mag niemand anders vir hulle wys hoe dit gedoen moet word nie want die Taxi bedryf is ‘n mafia tipe organisasie, so … al kan jy dit beter doen, jy mag nie.

Rina Pretorius ·

Ek ry gereeld tussen volksrust deur Standerton, greylingstad tot by balfour waar ek wegdraai en glo my die taxis ry baie onverskillig en gaan op blinde hoogtes verby asof dit nie bestaan nie, hulle is baie roekeloos en dink gladnie aan die passasiers nie. Daar sal indringend na die problem gekyk moet word. Wat sleg is hulle bribe die verkeersbeamptes keer op keer en gaan dan maar net weer aan asof hulle die pad besit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.