Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 07:00 op die Louw’s Creek Park-pad plaasgevind toe ʼn bakkie en ʼn motor gebots het.
Met paramedici se aankoms op die toneel was die twee insittendes in die bakkie reeds dood. “Daar was nog vier mense in die motor, waarvan twee reeds aan hul kritieke beserings beswyk het,” het Vermaak gesê. “Paramedici en reddingspersoneel het langer as ʼn uur gesukkel om die ander twee passasiers uit die wrak te kry.”
Vermaak het gesê een van die passasiers het ongelukkig ook gesterf kort nadat hy uit die wrak gered is. Die enigste oorlewende van die gru-ongeluk is na die Rob Ferreira-hospitaal in Nelspruit gehaas.
“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar polisie was op die toneel om die botsing te ondersoek,” het Vermaak gesê.
Ok…die Rob Fereira Hospitaal..? Dan neem ek aan die oorlewende is intussen oorlede!!!
Skerp Jakkals, skerp!
Is die 07h00 (oggend) dalk 19h00 (aand) want die foto is in die donker geneem ?
As jy nie kan sien of onseker is dan gaan jy nie verby ‘n voertuig. Andersins ry stadiger om draaie sodat jy nie die verkeerde kant van die pad ook moet gebruik. Moenie ‘n blinde draai sny. Moenie sit en slaap agter die stuurwiel en oordwaal na die verkeerde kant.
Kortweg, bepaal jou aandag by jou bestuur.
DIT IS SO HEEL EENVOUDIG.