Vyf sterf in trompop ongeluk in Northam

(Argieffoto: WCHEMS/Twitter)

Vyf mense is Maandagoggend dood in ʼn botsing reg van voor tussen ʼn Toyota-kombi en ʼn Toyota-sedan op die R510 buite Northam in Limpopo.

Die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid het gesê vier persone is op die toneel dood verklaar en die vyfde persoon het op pad na die hospitaal gesterf.

Drie persone het ernstige beserings opgedoen en ses het slegs geringe beserings opgedoen.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Nalatigheid en spoed kan egter nie uitgesluit word as oorsake nie.

Die pasiënte is na die Amandelbult-hospitaal in Northam geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nozi ·

Daar gaan nie ‘n week verby wat daar nie ‘n ongeluk op daardie pad is nie. Dit is die pad van die dood, en gaan kyk hoe ry die mense op daardie pad. As jy ‘n VW Polo ry behoort die pad veral aan jou. Geen pad reels word daar toegepas nie. Ek vermy daardie pad so ver as wat ek kan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.