Vyf sterf in Vrystaat-botsing

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mense, waaronder ʼn kind, is dood na ʼn botsing reg van voor op die N1 buite Ventersburg in die Vrystaat.

Saki Mohono, woordvoerder van die provinsiale verkeersdepartement, sê die bestuurder van ʼn Mazda het teen ʼn hoë spoed ʼn ander motor verby probeer steek toe hy teen ʼn aankomende Renault gebots het. Mohono sê die Renualt het omgeslaan en teen ʼn ander motor gebots.

Vyf mense is in die ongeluk dood terwyl nog vyf mense beseer is. “Dit blyk dat die bestuurder van die Mazda ongeduldig geraak het aangesien die pad slegs twee bane het weens padwerke.”

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Dis nie net drank en spoed nie, maar ook ongeduld wat tot ongelukke lei.

As daai bestuurder net geduldig was, en nie gejaag het nie, sou daai ongeluk nooit plaasgevind het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.