Saki Mohono, woordvoerder van die provinsiale verkeersdepartement, sê die bestuurder van ʼn Mazda het teen ʼn hoë spoed ʼn ander motor verby probeer steek toe hy teen ʼn aankomende Renault gebots het. Mohono sê die Renualt het omgeslaan en teen ʼn ander motor gebots.
Vyf mense is in die ongeluk dood terwyl nog vyf mense beseer is. “Dit blyk dat die bestuurder van die Mazda ongeduldig geraak het aangesien die pad slegs twee bane het weens padwerke.”
Die polisie ondersoek die saak.
Dis nie net drank en spoed nie, maar ook ongeduld wat tot ongelukke lei.
As daai bestuurder net geduldig was, en nie gejaag het nie, sou daai ongeluk nooit plaasgevind het nie.