Vyf sterf in Vrystaat-ongeluk

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

Vyf mense is dood en twee kritiek beseer na ‘n botsing tussen drie motors en ‘n vragmotor op die N5 buite Bethlehem in die Vrystaat.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die vragmotor het omgeslaan na die botsing. Hy sê met paramedici se aankoms op die toneel het twee mans in die pad langs die vragmotor gelê.

Een van die mans is op die toneel dood verklaar terwyl die ander man kritiek beseer is. Meiring sê twee mans en twee vroue is in die ander motors dood gevind. Nog ‘n man is kritiek beseer. Hy sê meganiese toerusting is gebruik om die insittendes uit die motors te bevry.

Die kritiek beseerde pasiënte is op die toneel behandel voor hulle na die Pelonomi-hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anita ·

Nog nooit was in hierdie land sulke vreeslike ongelukke nie, maar hoe kan ons anders. Soveel motorhawens die karre verkoop…adverteer”Geen liksensie, geen deposito, en die advertensie agter op die kar gee elke maand krediet aan die koper, nou het kopers begin probleme kry met die situasie, en die groot persoon met hierdie konsep is ook ‘n Zuma??????welke?? is daar nie meer miskien ‘n Gupta ook by betrokke nie…iemand moet ondersoek loods.

Dus as hierdie ongelukke gebeur..het die skuldige ‘n Liksensie..Gekoop, of glad nie?
Die kontrole op die weg word alleenlik tydens lang naweke toe gepas, verder geen kontrole…Maar families verloor mekaar, en die Assuransie fooie gaan op vir ons die daar aan behoort. Iemand die durf hier op ‘n hoofweg te ry…is ‘n vreeslose dapper persoon” wat my bewondering wegdra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.