Vyf sterf in Wes-Rand-botsing

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

Vyf mense is dood en een is kritiek beseer nadat hul voertuig Sondagmiddag in Kromdraai, wes van Johannesburg, gerol en in ʼn rivier beland het.

Werner Vermaak, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die voertuig het omstreeks 15:00 op die T3-pad gery toe die bestuurder beheer daaroor verloor het. “Die voertuig het verskeie kere gerol en op sy dak in ʼn rivier langs die pad tot stilstand gekom,” het Vermaak gesê.

Omstanders het aan paramedici gewys waar die voertuig in die rivier beland het. Die omstanders het toe reeds die voertuig omgedraai en al die insittendes uit die voertuig gehaal. “Vyf mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. ʼn Man, in sy vroeë 20s, is in ʼn kritieke toestand met ʼn helikopter na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Volgens Vermaak was die voertuig glo op pad na Manziville toe die ongeluk plaasgevind het. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.