Vyf sterf in KZN-botsing

Foto: Rescue Care/Arrive Alive/Twitter

Foto: Rescue Care/Arrive Alive/Twitter

Vyf mense is vroeg Maandagoggend dood in ‘n botsing buite Mariannhill in KwaZulu-Natal.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, sê twee motors het omstreeks 5:00 Maandagoggend in Ou Richmondweg gebots.

Jamieson sê twee van die oorledenes het doodgebrand nadat hulle motor na die botsing aan die brand geslaan het. Nog drie mense is op die toneel dood verklaar.

Jamieson sê twee mense is kritiek beseer en na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“Die oorsaak van die botsing is onduidelik en sal deur die polisie ondersoek word,” sê Jamieson.

Foto: Rescue Care/Arrive Alive/Twitter

Foto: Rescue Care/Arrive Alive/Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.