Robert Daniels, woordvoerder van die nooddienste, het gesê tien mense, insluitend drie kinders, is kritiek beseer in die ongeluk.
Volgens Daniels het ʼn bakkie met ʼn sleepwa 15 mense vervoer. “Die bakkie en die sleepwa het op die Aberdeenpad, sowat 40km buite Beaufort-Wes, gerol.”
Daniels het gesê die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na die Beaufort-Wes-hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.