Vyf sterf ná bakkie rol

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mense is Saterdag dood in ʼn ongeluk naby Beaufort-Wes, het die Wes-Kaapse nooddienste gesê.

Robert Daniels, woordvoerder van die nooddienste, het gesê tien mense, insluitend drie kinders, is kritiek beseer in die ongeluk.

Volgens Daniels het ʼn bakkie met ʼn sleepwa 15 mense vervoer. “Die bakkie en die sleepwa het op die Aberdeenpad, sowat 40km buite Beaufort-Wes, gerol.”

Daniels het gesê die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na die Beaufort-Wes-hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.