Vyf sterf ná motor op spoorwegkabels beland

Die ongelukstoneel. Foto: KZN EMS

Die ongelukstoneel. Foto: KZN EMS

Vyf mense is vroeg Saterdagoggend in ʼn gru-ongeluk naby Pepworth in KwaZulu-Natal dood.

Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddiens, het gesê die bestuurder van die motor het glo beheer verloor waarna die motor teen ʼn brug gebots en op spoorwegkabels langs die brug beland het.

Volgens Mckenzie het die motor aan die brand geslaan. “Met die nooddiens se aankoms op die toneel was die motor steeds in ligte laaie en moes brandbestryders die brand blus.” Volgens paramedici is ʼn man, twee vroue en twee kinders, glo sewe en 10 jaar oud, in die ongeluk dood.

Mckenzie het gesê die ongeluk het omstreeks 01:00 plaasgevind en nooddiensbeamptes was tot ná sonsopkoms op die toneel. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

“Die KwaZulu-Natalse nooddiens wil graag sy medelye met die familie en vriende van die oorledenes uitspreek,” het Mckenzie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.