Vyf sterf op N4-snelweg

Argieffoto.

Argieffoto.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het Maandag gesê die ongeluk het omstreeks 20:00 plaasgevind. “Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en sal deur die polisie ondersoek word. Die twee voertuie het in dieselfde rigting gery toe hulle mekaar getref en altwee voertuie verskeie kere daarna gerol het,” het Jackson gesê.

Toe paramedici by die toneel opgedaag het, was vier mans en ʼn 10-jarige seun reeds dood. Die vier mans is uit hul voertuig geslinger toe dit gerol het. Die seun is uit die ander voertuig geslinger.

“ʼn Volwassene en nog ʼn kind wat in die ander voertuig gery het, het matige beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.