Vyf sterf op paaie in Mpumalanga

ʼn Wrak van ʼn voertuig wat tydens ʼn botsing aan die brand geslaan het. Foto: Verskaf

Vyf mense is Sondag in verskillende voorvalle op Mpumalanga se paaie dood.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê drie mense is dood toe ʼn motor en ʼn bakkie omstreeks 05:00 reg van voor op die R568 tussen Vaalbank en KwaMhlanga gebots het.

“Die twee voertuie het vermoedelik weens swak sigbaarheid gebots en een van die voertuie het weens die impak aan die brand geslaan. Die bestuurders van albei voertuie en ʼn passasier is op die toneel dood,” het Mabuza gesê.

Foto: Verskaf

Hy het gesê nog ʼn persoon is dood nadat ʼn motor op die N4 in die Komatipoort-gebied omgeslaan het. ʼn Voetganger is ook Sondagoggend dood nadat hy deur ʼn vragmotor by die Lebombo-grenspos raakgery is.

Pat Ngomane, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het sy medelye teenoor die naasbestaandes van die oorledenes uitgespreek. Hy het ook ʼn beroep op wetstoepassingsowerhede gedoen om padgebruikers in hegtenis te neem wat verkeersreëls verontagsaam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pastoor ·

Tragies. Hoeveel voertuie slaan aan die brand die laaste 3 mnde

Pastoor ·

Tragies. Hoeveel voertuie slaan aan die brand die laaste 3 mnde wats fout

Snoefels ·

Ek al self gewonder hoekom daar nie meer karre gereeld aan die brand steek nie, om dag na dag in verkeer vas te sit met geen verkoeling behalwe die bewegende lug deur jou verkoeler, wat minimaal is as jy stil staan.. ja verkoelers het n waaier wat aan kom na n sekere temperatuur maar dit kan ook net soveel doen

w ·

Wetstoepassers moeni aangese word om oortreders vat te vat nie. Hul moet weet om dit te doen. Dis mos hul werk. Ai pateties

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.