Vyf sterf op pad na kerk

Foto: Verskaf.

Die polisie in Villa Nora buite Lephalale in Limpopo ondersoek ʼn saak van strafbare manslag ná vyf mense dood is toe die Toyota-bakkie waarmee hulle gereis het, omgeslaan en verskeie kere gerol het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die ongeluk het Donderdagaand op die R518 langs Shongoane in Limpopo plaasgevind.

“Volgens ons inligting het 26 mense agter op ʼn oop bakkie na ʼn kerkdiens in Marapong gereis. Die bestuurder het beheer oor die bakkie verloor,” het Ngoepe gesê.

Volgens Ngoepe is drie mense op slag dood en twee het met hul aankoms by die Lephalale-distrikshospitaal aan hul beserings beswyk.

Die name van die oorledenes sal bekend gemaak word sodra hul naasbestaandes in kennis gestel is.

Die oorsaak van die ongeluk is in dié stadium nog onbekend, maar die polisie ondersoek die voorval.

Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Cherokee ·

Miskien so effens teen die wet soos jy sê. Het dit nie getel nie maar ek betwyfel dit dat daar soveel soos 26 sitplekgordels op die bak van ‘n Hilux is.

jaco ·

As jy vir die bestuurder sê die bakkie is oorlaai en dis onwettig om soveel mense te vervoer, reageer hy met beskuldigings van rassisme. Dis hoe ek dit self ervaar het.

Penellope Jones ·

“Who is his right mind” laai 26 mense agter op ‘n bakkie???

Sê maar net ·

Glo my as dit nou ‘n boer se bakkie was met werkers op, sou die arme boer se plaas afgebrand wees en boer vermoor

NEE NEE ·

Ons het ook nou al gewaarsku teen mense wat ander LIFTS gee en ook teen die gebruik om passasiers onwettig agter op ‘n bakkie te vervoer . NIEMAND LUISTER NIE . .. ek is ontsteld oor die arme mense wat dood is want DIE BESTUURDERS LEER NIE .. hou op om mense op ‘n oop bakkie in te prop dit is ILLEGAL!!

Gestremde ·

hoe kan iemand se die oorsaak van die ongeluk is onbekend as daar 26 agter om die bakkie sit en staan en oorhang en daar binne die kajuit seker nog 4 was. Die voertuig was oorlaai en dus die oorsaak.

hoe sê ·

Hoe kan die oorsaak van die ongeluk onbekend wees tog duidelik die bakkie was effe oorlaai

Oom Kalahari ·

Natuurlik was die voertuig (bakkie) oorlaai en 10/1 aan die eenkant gewig swaarder as die anderkant en ongebalanseerd. So hy moet kantel en regtig om 26 mense so te laai is ‘n oproep tot die dood. Alles gaan oor geld vir die drywer en hoe meer siele hy kan laai, dan is die geld sakkie mos groter. Simpatie en sterkte aan die oorledenes se familie asook beseerdes vir herstel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.