Vyf sterf op slag in trompop botsing

Argieffoto

Ses mense van Tubatse net buite Burgersfort in Limpopo is Saterdag dood in ʼn botsing tussen ʼn motor en ʼn minibus-taxi.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die minibus-taxi was glo op pad na Burgersfort toe die ongeluk gebeur het.

Vyf van die insittendes is op slag dood, terwyl ʼn sesde passasier later in die hospitaal oorlede is.

Ngoepe sê wrakstukke van die motors het oor die pad versprei gelê weens die trefkrag van die ongeluk. Die vyf liggame van die insittendes het buite die voertuie gelê.

“Die oorledenes is tussen 22 en 25 jaar oud en was almal passasiers in die Suzuki. Al die passasiers wat in die minibus-taxi was, is na die Dilokong-hospitaal geneem vir mediese behandeling,” sê hy.

ʼn Ondersoek na die voorval is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Abel Gouws. ·

So moeilik om deesdae kommentaar te lewer,want party mense soek altyd net die verkeerd in jou kommentaar ,dus…..No comment.

Ouma ·

Ek dink Taxi bestuurders werk gans té lang ure agter die stuur om hulle verantwoordelike bestuurders te maak. Enige mens raak moeg , onverskillig, geirriteerd en vat kanse as jy te lank op die pad is. Ons het onlangs van Kaap Augulas (vroegdag) gery, en was vroeg in Bloemfontein en het besluit om nie daar oor te slap nie. Ons druk toe deur Jhb toe. Ons sal dit nooit weer doen nie! Later het ons self besef agv moegheid, het ons het te vining gery, en kon nie meer konsentreer nie. Ek dink dit is een van die redes waarom Taxi bestuurders so onverantwoordelik optree.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.