Vyf sterf op Wes-Kaapse paaie

Argieffoto van 'n ongelukstoneel

Argieffoto van ‘n ongelukstoneel

Vyf mense is die afgelope naweek in padongelukke in die Wes-Kaap dood.

Al-Ameen Kafaar, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, het in ʼn verklaring gesê ʼn voetganger is Klapmuts dood terwyl ʼn bestuurder en twee passasiers dood is na ʼn ongeluk in Caledon. Nog ʼn persoon is dood in ʼn ongeluk in Clanwilliam.

Volgens Kafaar was daar die naweek verskeie padblokkades op die provinsie se paaie en is 3 027 motors van die pad af getrek. “Altesame 1 342 bestuurders is vir dronkbestuur getoets en 18 bestuurders het positief getoets en is in hegtenis geneem,” het hy gesê.

“Die hoogste lesing is in Mosselbaai aangeteken. Die lesing was 1,29mg/1 000ml, wat vyf keer hoër is as die wettige perk van 0,24mg/1 000ml.” Kafaar het gesê 523 spoedoortredings is aangeteken. ʼn Motoris is teen 186km/h in ʼn 120km/h-sone betrap op die N1 in Brackenfell.

Volgens Kafaar is ʼn totaal van 274 boetes uitgereik vir verskeie verkeersoortredings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.