Vyf sterf, talle beseer in gru-botsing

Foto: Rescue Care

Vyf mense is dood en talle beseer in ʼn grusame botsing Maandagoggend op Queen Nandi-rylaan in Durban, KwaZulu-Natal.

Garrith Jamieson, bedryfsdirekteur van Rescue Care-nooddienste, het gesê met paramedici se aankoms net ná 06:00 op die toneel het hulle “totale chaos” aangetref.

Volgens Jamieson het twee taxi’s en ʼn vragmotor gebots, waarna een van die taxi’s gerol en weer op sy wiele tot stilstand gekom het. Vier mense is op slag dood.

ʼn Vrou wat ernstige beserings opgedoen het, het gesterf onderwyl paramedici haar behandel het.

“Talle ander pasiënte het verskeie beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na verskillende Durbanse hospitale geneem is,” het Jamieson gesê. “ʼn Mediese helikopter is na die toneel ontbied om ʼn pasiënt wat kritieke beserings opgedoen het na ʼn nabygeleë hospitaal te neem.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

ne ·

AL WEER ‘N TAXI!!!!!!!!!
Waar kry die mense hulle lisensies?

Vragmotor ·

…en alweer n vragmotor. Hulle koop die lisensies want hulle het geen moraal of begrip vir die doel van padreels nie.

Penellope Jones ·

Altyd, Altyd ‘n taxi betrokke.
RIV aan diegene wat met hul lewens moes boet vir die wat hul skuldig gemaak het aan nalatige bestuur.

Ivy ·

Laat die taxi bestuurders getoets word vir dwelms.Dit is sleg dat so baie mense moet sterf aan die stuur van een mens.

Monre ·

Hoe?

As jy mooi kyk op die foto sal jy sien die bestuurder se kant is uit ge-‘Blur’… Hy is ook oorlede….

Vragmotor ·

…en alweer n vragmotor. Hulle koop die lisensies want hulle het geen moraal of begrip vir die doel van padreels nie.

Max ·

Hulle kan ongelukkig nie die verhouding tussen tyd, afstand en spoed bepaal nie.

Potlood ·

Reg van voor gebots… Hierdie is werklik ‘n GROOOOOT probleem in ons land… Ek gee regtig nie om as hulle Niks voel vir hulle eie lewe nie, maar hulle maak onskuldige mense dood!!!!

Dries ·

Die dwelm storie is maar net nie verstaanbaar, as jy drink en bestuur word jy getoets en toegesliut, maar wat gebeur as jy dagga rook en bestuur?

Vanni-kant-af ·

Dit gaan nie oor nie die pad reels ken nie, dit gaan daaroor om die padreels moedswillig te versuim, onverdraagsaamheid en geen respek vir jouself of ander nie.

Muffin ·

Daar word mos gekyk hoeveel trips hulle kan insit tussen 6uur en 8uur wanneer almal by die werk moet wees. So spoed speel n groot rol en waaghalsig.

michael ·

TYD BOM op die pad selfmoord net jammer onskuldige mense moet altyd die prys betaal . Die verkeers manne is so bang om hulle vas te vat want hulle skiet gou. Hulle tart die publiek uit ry soos varke wys jou die middel vinger en hulle dink hulle is reg .Wat se land bly ons in?

PATSY ·

Ek sal nie altyd vragmotors die skuld gee nie. In baie gevalle is die taxi’s die groot sondebokke. Hulle jaag op sperstrepe, blindehoogtes, op die geellyne by ander voertuie verby en dan kan ‘n vragmotor nie altyd betyds stop of rem nie. Ons lees en hoor elke dag hoe taxi’s in die aankomende verkeer se bane ry en dan nog die vermetelheid het om ligte te gooi dat daardie bestuurder moet gee pad sodat hulle net kan aanry want hulle wil nie in rye staan en by verkeersligte stop nie. Ek kry die mense wat afhanklik is van taxi’s om by hul werke en huise te kom vreeslik jammer want ek dink hul vrees elke dag vir hul lewens.

ore ·

Geen wets toepassing,dit is die rede.Verkeersbeamptes is te bang om teen die Taxi’s op te tree.Dalk moet die owerhede ‘n bonus stelsel implimenteer.Vir elke Taxi wat met rede beboet word,,,,,,’n bonus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.