Vyf sterf toe bakkie boom tref

Die wrak van die bakkie ná die ongeluk. Foto: SAPD

Vyf mense is dood en nog sewe beseer nadat ʼn bakkie Saterdag in die vroeë oggendure buite Hoedspruit in Limpopo ʼn boom getref het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn bakkie het met 12 mans vanaf ʼn plaaslike kroeg gekom toe dit omstreeks 03:30 in die Zandspruit-omgewing teen ʼn boom gebots en omgeslaan het. Vyf mense, onder wie die bestuurder van die voertuig, is op slag dood.

Nog vyf mense het ernstige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal in Accornhoek gehaas. Die ander twee passasiers het geringe beserings opgedoen.

Volgens Ngoepe is die identiteit van die oorledenes nie in dié stadium bekend nie, maar is hulle vermoedelik tussen 26 en 53 jaar oud.

ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Riaan ·

Ja kyk, mors geld met ondersoeke, die drywer is dood. Wie gan hulle prosecute, seker die boom.

oumie ·

Toemaar Riaan hul ondersoek niks teveel papierwerk dit word net so gestel om te maak of hul bietjie werk vir hul salaries

nieBAFUnie ·

Wat wil hulle ondersoek ? Die oorsaak is voor die hand-liggend. “…….vanaf ‘n plaaslike kroeg gekom…….”. Net dankbaar dat ander ONSKULDIGE mense/padgebruikers nie hul slagoffers was nie.

CAV ·

Baie jammer oor die mense wat dood is, sowel die wat beseer is .
12 mense egter op n bakkie, en daai tyd van die oggend uit n kroeg ? Is onverantwoordelik

A. Mac ·

Ja, drank het nie brieke nie. Weet nie hoe mense in vandag se tyd nog dink dat dit veilig is om dronk te bestuur nie, of selfs in ‘n voertuig te klim waar ‘n klomp dronk mense betrokke was. Ek moet nou maar hard klink maar waar drank by iets betrokke is het ek geen simpatie met iemand nie.

Chrisjan ·

Om daai tyd van die nag van ‘n plaaslike kroeg af TE RY is net moeilikheid soek.Dankie tog hulle het nie in onskuldige mense vasgery nie.Die boom kan dit baie beter hanteer as wat ‘n ander voertuig en insittendes sou.

Hanna ·

Dis nou die hoeveelste ongeluk waarin n bakkie heeltemal oorlaai was. Leer mense dan nie? Daar is n rede hoekom n sekere voertuig slegs n sekere gewig kan hanteer. Not exactly rocket science…

Tiger ·

Hier is eenvoudig net nie naastenby genoeg wets toepassers op ons land se paaie nie.Kan die Padverkeers Owerhede dit nie raaksien nie?Hier is ‘n reuse geleendheid vir grootskaalse werkskepping.Hoekom maak die owerhede se 2 + 2 nie 4 nie ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.