Vyf sterf toe motor, vragmotor bots

Die motor is onder die vragmotor verpletter. Foto: ER24

Vyf mans is Donderdagmiddag dood toe die voertuig waarin hulle onderweg was op die R547 tussen Kriel en Kinross in Mpumalanga met ʼn vragmotor gebots het.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê hul en ander dienste se paramedici het omstreeks 13:30 op die toneel aangekom en die vragmotor ʼn ent van die pad af aangetref. ʼn Ligte motorvoertuig was platgedruk onder die sleepwa van die trok.

By nadere ondersoek het paramedici vyf mans se liggame in die wrak van die kar aangetref, sê Meiring. “Almal is blykbaar op slag dood.”

Die vragmotorbestuurder is op die toneel ondersoek. Hy het net geringe beserings opgedoen en is per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal gebring.

Meiring sê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar die polisie ondersoek die voorval.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

riana ·

ja is n baie gevaarlike pad maar die mense kan ook baie kanse vat al gesien.

Dries ·

Ek wens net die vragmotor bestuurders dink ook dis n gevaarlike pad.

Andre ·

As Transnet funksioneel was en steenkool (en ander goedere) op spoor vervoer, was minder trokke op die paaie wat die paaie voos ry en minder ongelukke waar trokke betrokke was. Minder lyding van mense!

Andrea ·

Ek stem saam. Ja, natuurlik is daar motorbestuurders wat so arrogant is dat hul mense se lewens verwoes, maar die honderde vragmotors op ons paaie wat nie gemaak is daarvoor nie, speel n groot rol. Jy kan darem nie onbepaald teen 70 of 80 km n uur agter n vragmotor aankruie nie. Dan begin jy kanse vat…

Geregtigheid ·

Vragmotors is nie altyd skuldig nie. Mense in karre jaag en vat geweldige kanse sonder om te besef dat n vragmotor nie gou kan stop nie.

karen ·

Die vragmotor was onskuldig hier – die motor het die stopstraat verontagsaam daar is getuies

Magda ·

Dit is waar. Daardie motor het minute voor die ongeluk ons motor met n vreeslike hoe spoed verbygesteek. Hy het beslis nie gestop by die stopteken nie.

Suzie ·

Die vragmotor bestuurders is baie arrogant want hulle weet jy het nie ‘n kans teen hom nie, my seun moes kies tussen twee vragmotors op ‘n enkel pad en het toe maar van die pad af gery en sy voertuig gerol. Nie een van die vragmotors het eers gestop nie al was dit die een se fout want hulle het langsmekaar op die enkel pad gery.

Adele ·

Vragmotor nie altyd skuldig nie – probeer jy skielik stop vir n arrogante ongeduldige motoris met n 35 ton vrag op jou lorrie…..mense! ‘n vragmotor met n vol vrag weeg 56 ton- ry liewers agter hom as voor hom in

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.