Vyf sterf toe voertuie op N6 bots

Die ongelukstoneel in Bryanston, Johannesburg (29 April 2018). Foto: Netcare 911

Vyf mense is dood toe twee voertuie Saterdag in die vroeë oggendure op die N6 naby Queenstown in die Oos-Kaap gebots het.

Kapt. Namhla Mdleleni, woordvoerder van die polisie, het gesê een van die voertuie was op pad van Johannesburg en die ander een in die teenoorgestelde rigting op pad van Queenstown toe die botsing plaasgevind het. Twee vroue en drie mans is op slag dood. Die oorledenes was tussen 35 en 40 jaar oud.

Volgens Mdleleni het twee mense die ongeluk oorleef. Dit is nie in dié stadium duidelik hoe ernstig hul beserings is nie.

ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Die ongelukstoneel in Bryanston, Johannesburg (29 April 2018). Foto: Netcare 911

In ʼn onverwante voorval is nóg ʼn lewe die langnaweek op die land se paaie geëis toe ʼn motor vanoggend omstreeks 03:45 in Bryanston in Johannesburg teen ʼn boom gebots het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê daar word vermoed dat die bestuurder van die voertuig beheer oor die motor verloor en dit toe teen ʼn boom in William Nicolrylaan gebots het. Die voertuig het weens die impak van die botsing in vlamme uitgebars en die bestuurder is op die toneel dood verklaar.

Die ongeluk word ook deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Buitestander ·

Is dit nie moontlik dat die bestuurder aan die slaap geraak het nie???

Oom boom ·

Daardie tyd van die oggend of nag het bome die neiging om viir vinnige bestuurders in te spring.

snip ·

nog n voertuig in vlamme op! is die oktaan te hoog? wat gaan aan?

Mien ·

Hierdie berig en die een oor die drie akteurs moet seker verband hou met mekaar ?

Jan Wessels ·

Ongeluk naby Queenstown in die Oos – Kaap maarndie foto sê Johannesburg? Ai tog.

Mariné Lourens ·

Dagsê Jan Wessels

Dankie vir jou kommentaar. Soos jy sal sien, word daar na twee ongelukke in die berig verwys. Een in die Oos-Kaap en een in Bryanston in Johannesburg. Die foto’s in die berig is op die ongelukstoneel in Johannesburg geneem. Hoop dit klaar die verwarring op.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.