Vyf ‘stropers’ in Limpopo aangekeer

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Vyf mans, onder wie drie Mosambiekse landsburgers, sal na verwagting Maandag in die Thabazimbi-landdroshof verskyn nadat hulle glo oor die naweek ʼn renoster vir sy horings wou doodmaak.

Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê die drie mans is aangekeer nadat die polisie inligting ontvang het van moontlike renosterstropery by die Marikele Nasionale Park in Limpopo.

“Beamptes van die renoster-taakspan is in kennis gestel en hulle het die gebied gemonitor. Saterdag omstreeks 23:00 is twee verdagte voertuie op die Thabazimbi/Rooiberg-pad langs die reservaat opgemerk en van die pad af getrek,” het Otto gesê.

Die polisie het die voertuie deursoek en beslag gelê op ʼn .458-jaggeweer met ʼn knaldemper, ammunisie, twee messe en agt selfone.

Die verdagtes is in hegtenis geneem op aanklag van sameswering om renosterstropery te pleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

tamboti ·

5 gevang, hoeveel duisend bly oor? maar dankie vir hierdie 5

Johann Marx ·

Wat’s die boete vir “sameswering”??? En van daar af sweer ons weer saam om dit volgende keer net beter te doen en nie weer gevang te word nie…

Goeie werk ·

Goeie werk informante sowel as Polisie, ‘n renoster is gered!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.