Vyf susters by hospitaal geskors ná video lig sien

Die Steve Biko- Akademiese hospitaal in Pretoria. (Foto: ANA)

Vyf verpleegsters by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria is voorlopig geskors hangende verdere ondersoek na ʼn voorval wat op video vasgelê is.

In die video word ʼn man deur twee ander mense vasgehou terwyl daar om hulp geskree word. Daar kan gehoor word hoe iemand sê “hy is besig om voor ons dood te gaan terwyl jy op die foon besig is”. Verpleegsters vat dan die man weg.

Die 28-jarige man is intussen in die hospitaal oorlede. Daar is bevestig die voorval het op 25 Februarie plaasgevind.

Volgens die Gautengse departement van gesondheid is die vyf verpleegsters voorlopig geskors rakende bewerings van growwe nalatigheid.

Motalatale Modiba, woordvoerder van die departement, het gesê die hospitaalbestuur is in kontak met die oorledene se gesin en dat beradingsdienste ook aan die gesin gebied is.

“Die ongelukkige voorval het plaasgevind in ʼn tyd waar die hospitaal ingrypings versterk om pasiënte se ervaring van sorg te verbeter. Daardie maatreëls sluit in die bekendstelling van die Gautengse departement van gesondheid se veranderingsbestuurprogram wat daarop gemik is om personeelhouding en gehalte van dienste te verbeter.”

Volgens Modiba lê die bestuur van die hospitaal ook gereeld besoek af by verskillende afdelings om die vlak van dienslewerings te evalueer en om met pasiënte te kommunikeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

kragaap ·

Geen ingrypings bestuur of verdere opleidings program sal enige iets verander nie.

Casper ·

Verpleegpersoneel het ‘n wanpersepsie wat verantwoordelikheid,deurnis,simpatie,geduld en profesionaliteit beteken en het traak-my-nie agtige houdings teenoor pasiënte.Daar is egter verpleegpersoneel wat hard probeer om ‘n verskil in lewens te maak.

Anel ·

Dis dan ‘n opleidings hospitaal!!! Wys net hoe word mediese personeel opgelei daar! En dan wil hulle die NGS implimenteer!!! Dank die spul summier af. Vir baie van hulle is dit nog nooit ‘n passie gewees nie maar slegs ‘n “job’. En tog vir baie ander is dit wel ‘n passie! Raak ontslae van die vrot appels. Daar is hoeveel wat nie poste kry nie sgv van dies wat net poste vul. Sterkte aan die naasbestaandes van die oorledene!!!!

Johan ·

En dan wil hulle he ons moet almal van die dienste gebruik maak nee wat hulle plain weg net sleg

annie ·

Groot geld is die kruks van die nuwe plan van die ANC vir SA mediese sorg, terwyl diens die probleem is wat onaangespreek sal bly. Verpleegpersoneel by klinieke en staatshospitale is erger as pateties. Diens snags is swakker as swak. Swart susters is eerder ministers en weerspreek die wit dokters en voer nie hul opdragte uit nie. Dit is ‘n raaisel hoe die geboue so stukkend kom. Wasbakpype is meestal verstop en toilette iets om van naar te word en nogal in hospitale. Die nuwe plan kan ‘Sesame’ genoem word; die towerwoord om die grot vol geld by te kan kom. Dis al.

Miena ·

Wat eens n gerespekteerde opleidings hospitaal was het verval in n situasie waar geen persoon eintlik wil wees nie – siek of gesond. Dis baie jammer dat verpleegpersoneel vandag nie meer die tipe beroep kies omdat hulle “geroepe” is nie maar net omdat dit n salaris bied.

Papsak ·

Like dit skors sommer summier almal van hulle want hulle is onbevoeg en nie eers ondervinding vir die soort werk nie daarom lyk alles so en gaan baie mense vinnig dood hulle is glad nie susters of dokters nie glad dalk nie eers paiere vir die werke nie raak ontslae maak oop julle oe en sien raak asb !!!!!!

Kokerboom ·

Absolute skande.
Raak ontslae van die krummels onmiddelik! Nie weer ‘n jaar met betaalde verlof terwyl saak afgehandel word.

Jan ·

En dan wil die regering NHI implimenteer. Gaan dit dan so wees by alle hospitale.

Pawiljoen Rot ·

Jaaaaa neh… Goeie vooruitsigte vir die nuwe NGV wêt wat kom…

Wondermaarnet ·

Seker geskors met volle salaris en voordele en oor 2 weke is hulle terug in hul poste om maar net weer nie veel te doen nie.

Marous ·

Beradingsdienste se voet ! Ongediertes wat betaal word om mense te vermoor.

LIEZL ·

Ja nee, Blits. Lyk my skors beteken nie meer heeltemal verban, jy mag nie meer terugkom nie en wag vir ‘n tugverhoor nie. Kyk nou maar vir Dipuo Peters, ‘n maand geskors. Pateties

ES ·

Verpleegsorg, net soos baie ander beroepe gaan glad nie meer oor of mense ‘n passie het daarvoor nie. Vir bitter min mense is dit ‘n roeping waarop hulle trots is – die res trek net ‘n salaris elke maand.

Jacques Dawie ·

Personeelhouding en gehalte van diens te verbeter??? Is dit nie een van enige hospitaal se normale werkinge nie? As een se nalatigheid lui tot n ander se dood, wat noem die regering dit as Santie en Grietjie die susters was? Moord? Hoekom nou die sagte woorde soos “growwe nalatigheid” gebruik in plaas van moord, manslag ens, omdat die skuldiges nie die regering se growwe’ naratief teen ander rasse dryf nie.?

Stephanie ·

My man was Augustus 2023 daar vir 3 maande, die 2 dae in ongevalle was iets om jou hare te laat ruis. Dat hy lewendig daar uit is was net n wonderwerk. Hulle ongevalle is pateties , en oorvol want daar is blykbaar nie plek in die hospitaal, hy moes 3 maande wag vir n hartoperasie na ons gekla het is hy eventueel gehelp. Sekere afdelings binne hospitaal is uitstekend ander worry nou weer glad nie oor jou nie, se sommer reguit vir jou wat hulle van jou dink. Hulle vergeet ons betaal om daar te le maar die wat nie betaal word sommer eerste gehelp.

Linda ·

Ek was juis die aand in die ongevalle susters is nie baie behulpsaam en as jy vra hoekom ons wag word daar gese wag vir dr . Dan na 22h00 kom dr daaraan, Maar in meantime kom daar ‘n asma pasient in n pasient wat bloei . Voor my was daar ;n oom in rolstoel niemand het hom kom vra wat fout. Eventually toe ek geroep is en ek dr vra wat my klagte en ek word gese om traige sr toe te gaan maar die sr was gaaf en baie behulpsaam maar die res laat veel te wense, Die een wat die man eventually gehelp het wat oorlede is het nog gese sy sal die dame slat wat so te kere gegaan het. Hul die pasient se vrou so min info gegee. Ek baie jammer die man oorlede.

Di ·

DIT is wat gebeur as mense tov hulle “RAS” aangestel word. Die meerderheid van hulle is onbevoeg en te sleg om te werk, ORALS in die land, nie net DAAR nie. Sit net daar en skree op mekaar, heeldag op fone en wag vir hulle salaris. Solank as wat hierdie regstellende aksies aangaan, is daar GEEN HOOP dat enige iets beter sal word nie.

Roek ·

Wikkel die staat vir nalatigheid, al die bewyse is daar !
En dan wil die regering NHI implimenteer. Gaan dit dan so wees by alle hospitale. Die regs mense kan hul maar reg maak vir mooi huise en peperduur karre , hulle gaan geld maak soos bossies met al die eise !!

Susan ·

SWAK opleiding. SWAK hospitaal bestuur. Dalk is hulle glad nie opgelei nie? Die hospitaal self moet aanspreeklik gehou word en beboet word in elke so geval. So nie sal hospitale nooit betyds optree teen werknemers wat hul daagliks aan wangedrag skuldig maak nie. Hierdie 5 was nie skielik sleg, vir net een dag nie.
Hospitale voel vere vir ons want elke faktuur word betaal deur ons mediese fondse en GAP cover. Die mediese fonds voel ook vere vir swak hospitaal behandeling, hulle voer net geld in.

Althes ·

Die regering moet verantwoordelik gehou word. Hoekom? Want jy kry ñ Minister van Gesondheid. Ñ Premier van ñ provinsie. N LUR van Gesondheid in ñ spesifieke provinsie. Dan kry jy die superintendent van ñ hospitaal. En so word die magte afgewentel.
Ons in SA kan nie geliefdes verloor aan swak openbare sorg en ook byvoeg misdaad wat nog ñ kwelpunt is.
Daardie 5 moet sommer geskors bly! Daar is baie ander wat graag wil werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.