Vyf tieners sterf toe motor in hulle ploeg

Argieffoto

Argieffoto

Vyf tieners is Sondagoggend in Mpumalanga dood toe ʼn bestuurder met sy bakkie in ʼn groep jongmense geploeg het.

“Die ongeluk het omstreeks 04:00 op die pad tussen Acornhoek en Hluvukani plaasgevind,” het Joseph Mabuza, woordvoerder van die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, gesê. “Die groep jongmense was glo van ʼn kuierplek af op pad huis toe, toe die ongeluk plaasgevind het.”

Volgens Mabuza het die bestuurder van die bakkie beheer verloor oor sy voertuig voor hy die groep getref het. “Drie tieners is op slag dood, terwyl twee aan hul beserings beswyk het by die hospitaal. Nog vyf mense is ernstig beseer. Hulle ontvang behandeling by Matikwane-hospitaal,” het hy gesê.

Volgens Mabuza was die oorledenes almal tussen 15 en 18 jaar oud.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

hoe nou ·

Brandewyn het nie brieke nie. Hoop hy kry wat kom toekom dit is as die polisie nie aanjaag met die ondetsoek.

Uys ·

Tussen 15-18 jaar oud wat 4uur die oggend huis toe stap nadat hul by ń kuierplek “shebeen” was. Jammer vir die bakkie bestuurder wat moontlik daardie tyd van die oggend agter die stuur aan die slaap geraak het.

Michelle ·

Wat maak tieners van 15 daai tyd van die oggend in die pad????

Julius ·

Ek dink die brandewyn het nie brieke nie moet eerder na die tieners se kant gegooi word want hulle was by ‘n kuierplek tot vroeg oggend.

Wouter ·

Ek stem saam Julius. Kinders hoort nie in n kuierplek nie wat nog te se van daardie tyd op n Sondag oggend. Dit is omdat sulke plekke toegelaat word om op n Sondag handel te dryf. Wat het geword van “jy moet rus en jou God loof op die Sabbat”?

Riana Steyn ·

Sabbat? Mense, Sabbat is op die 7de sag van die week, nie die 1ste nie. Dalk sal ons kand ook meer geseën word as ons weer gehoorsaam is aan Vader se opdragte!

Kotie ·

Waar was daardie kinders se ouers!!! Genadig hoe laat jy dit toe, 15 jaar!!!!! 4 uur!!!! Daardie ouers moet gestraf word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.