Vyf uitlanders sterf in Limpopo-ongeluk

Foto verskaf deur SAPD Limpopo

Die polisie in Lephalale (Ellisras) ondersoek ʼn noodlottige ongeluk waartydens vyf persone op Oukersdag gesterf het.

“ʼn Mitsubishi Pajero met vyf persone, almal van Botswana, het op die pad tussen Lephalale en Groblersbrug gery toe ʼn band gebars het,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die bestuurder het beheer verloor oor die voertuig en dit het ʼn paar keer gerol voor dit ʼn ander motor, waarin twee persone gereis het, getref het.” Die twee persone is van Zimbabwe.

Drie passasiers van die Pajero is op slag dood en twee is na ʼn hospitaal geneem. Hulle het ernstige beserings opgedoen. Die twee persone in die ander motor is ook op slag dood.

“Die oorsaak van die ongeluk is vermoedelik die band wat gebars het, maar die polisie stel verder ondersoek in.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

My mening ·

Lees asb, hier: https://www.drivingtesttips.biz/tyre-blow-out.html
Dis uiters hartseer wat hier gebeur het. Nou moet julle my maar trap op die volgende veralgemening:
Hierdie is na alle waarskynlikheid ‘n gehuurde voertuig wat uit die aard van die saak deur verskillende persone bestuur word. Sou daar bandskade gewees het wat veral aan die binnekant nie sigbaar was? Word voertuie na elke uithuur ondersoek vir bandskade? EK TWYFEL!!?? Bande is die goete aan ‘n voertuig wat die hardste werk maar die minste na omgesien word. In die 57 jaar wat ek bestuur het ek een bandbars gehad. Wat gebeur het is dat ‘n stuk yster links agter ‘n oombliklike gat in die band gemaak het en selfs ‘n sny gelos het in die modderskerm van my bakkie. Niks het gebeur omdat ek geweet het wat om te doen. Meld K53 iets daarvan?
Ek stem saam met ‘Arrive Alive’ dat die plek ‘Groblersbrug’ is en nie ‘Groblersburg’. Dalk moet MM net meer akkuraat lees?

Coenie ·

Wat het gebeur met die seun van Ellisras wat deur die wag by pna aangerand is ?

Cyril Blackburn ·

Dagsê Poppie
Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig – die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Cyril Blackburn ·

Dagsê Piet
Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig – die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Chris Ws ·

Hoe vinniger daar gery word tydens so bandbars episode hoe minder die kans om lig daarvan af te kom.Feit.
Die tweede voertuig lyk ietwat verdag vir my met sy donker kleur en tot swart geverfde vellings( rims).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.