Vyf beamptes van die KwaZulu-Natalse departement van vervoer sal na verwagting Woensdag in die Durbanse handelsmisdaadhof verskyn op aanklagte van bedrog en korrupsie.
Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, sê die vyf verdagtes, tussen 33 en 61 jaar oud, het na bewering permitte vir taxibestuurders uitgereik sonder behoorlike dokumente.
Hulle het glo R25 000 per permit gevra en het permitte ter waarde van R7 miljoen uitgereik.
ʼn Saak van bedrog en korrupsie is by die Pietermaritzburg-polisiestasie aanhangig gemaak. Die saak is aan die Valke in Durban oorgegee vir verdere ondersoek waarna die inhegtenisnemings gevolg het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Joh hulle vorder mooi met die korrupsie! Niks verbaas my meer nie. Hulle volg net hul slim kaders se spore…
Leer dit by minister mabulaa
Hoogtyd….. Wys jou hoeveel geld maak die taxis, R 25 000 per permit, daardie permitte stel lewens in gevaar…..
Bedrog, korrupsie, gaan daar ooit n einde aan kom…..maar steeds word apartheid die sondebok genoem….die verskoning is nou behoorlik holrug gery