Vyf van Noordwes in hof ná ‘dief’ sterf

(Argieffoto)

Vyf mans van Noordwes word van moord aangekla nadat hulle glo ʼn vermeende dief aangerand en die man later dood is.

Phillip le Roux (33), Mike Bass (41), Samuel Modukanele (53), Martin le Roux (60) en Paul Michau (70) is Sondag in hegtenis geneem vir die beweerde moord op Petrus Thamaga (42).

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê Thamaga is glo Saterdagmiddag op die plaas Vergenoeg aangerand nadat hy na bewering daarvan beskuldig is dat hy daar is om te steel.

“Luidens berigte het sommige van die plaaswerkers ʼn familielid van die slagoffer in Ganalaagte oor die voorval ingelig. Die familielid het daarna na die plaas gery om die slagoffer op te laai,” het Mokgwabone gesê.

Die familielid het Thamaga in Ganalaagte afgelaai sodat hy die voorval by ʼn lid van die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) kon aanmeld.

“Ongelukkig het die man ineengestort en gesterf.”

Die beskuldigdes het Maandag in die landdroshof op Delareyville verskyn en is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.

Hulle moet weer op 26 Februarie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Misky ·

As die familielid hom by die plaaslike GPF afgelaai het om die voorval aan te meld, kon sy beserings tog nie so erg wees nie. Indien dit was, hoekom nie reguit hospitaal toe nie? Nee, iets snaaks hier aan die gang en iemand sien weer dollar signs en wil n geldjie maak

Herman ·

Sal die mense dan nou nooit leer nie,kyk en lees hulle nie nuus nie…?

Sarel ·

Daar sal gewag moet word op na doodse ondersoek…kan.ook sterf aan ander oorsaak maar sal dan verbind word aan die aanranding

Niklaas ·

Dit klink net soos daardie Parys boere se situasie. Daar sal een groot bohaai verwag kan word nou in hierdie geval.

Moedeloos ·

In vandag se tyd kan jy niemand onbekend op jou plaas toelaat nie. As ek hoor en sien hoe arrogant die knape is wat aspris in moedswillig in dorp strate loop kan ek my indink hoe hul op plase te kere gaan want daar is mos nie ooggetuies nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.