Vyf polisielede bly in aanhouding nadat hulle in die hof op Vredenburg aan die Weskus verskyn het op aanklag van moord.
Hulle inhegtenisneming volg op die dood van Jason Heyns nadat die beamptes hom glo op 23 Oktober in hegtenis geneem en aangerand het, het Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), gesê.
Die beamptes het Heyns ná die beweerde voorval vir mediese behandeling geneem, waarna hy weens die aard van sy beserings van die Vredenburg-hospitaal na die Groote Schuur-hospitaal oorgeplaas is.
Hy het ʼn week later in die hospitaal gesterf.
Cola sê die polisie het versuim om die voorval aan te meld soos wat daar ingevolge wetgewing gedoen moet word en Opod is deur Heyns se familie van sy dood ingelig.
“Opod het ʼn omvattende ondersoek na die voorval gedoen en dit het gelei tot die identifisering en inhegtenisneming van die vyf beamptes.”
Die beamptes het Donderdag in die hof verskyn op aanklag van moord. Die saak teen hulle is tot aanstaande week uitgestel, wanneer hulle na verwagting om borgtog sal aansoek doen.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
15 Kommentare
Vyf polisiemanne het n man,nie n swartman nie, doodgemaak en geen rooipet narre spring rond en skreeu en steek goed aan die brand. Hoe ironies is dit nie, die klomp rassiste
Waarvoor was die man in hegtenis geneem??
Erger as die EFF, lafaards, haat is orals… rassehaat teen wittes is op alle vlakke..en die leiers in beheer hits dit aan…
Gmf nog bloed aan die polisie se hande ons lees dit ook te veel! Verdomde skande vir die land die uniforms pffft die hele lot van hulle! Die 1 of 2 wat eerlik is en nog die ou garde is maak nie op vir die klomp nie! Wat ‘n teleurstelling is dit nie en ons moet hulle vertrou gmf not a hel!
Daar word in die berig nie melding gemaak van ras nie.Dit kon ‘n bruin man ook gewees het dan sal die rooipette nie betoog nie.