Vyf vas ná boendoe-geregtigheid lewe van sewe eis

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Bill Oxford/Unsplash)

Die polisie in Diepsloot het Maandag vyf mense in hegtenis geneem nadat daar die afgelope naweek op die verkoolde liggame van sewe mans afgekom is. Die oorledenes is glo vasgebind voordat hulle aan die brand gesteek is.

Maroela Media het vroeër berig gemeenskapsleiers in Diepsloot sê die gemeenskap is keelvol oor die groot aantal moorde en verkragtings in die gebied.

Luidens ʼn verklaring van die polisie het die span onvermoeid gewerk en alle inligting wat ontvang is opgevolg.

“ʼn Verdagte is Maandag in hegtenis geneem nadat hy deur ʼn ooggetuie geïdentifiseer is. Hy het die polisie na nog vier verdagtes gelei.

“Al vyf verdagtes, tussen 30 en 38 jaar oud, sal na verwagting Woensdag in die Randburg-landdroshof verskyn.”

Volgens die polisie word nog inhegtenisnemings verwag.

Twee van die liggame is Vrydagaand gevind terwyl die ander vyf vroeg Saterdagoggend ontdek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wondermaarnet ·

Laat hulle vry sodat hulle reg en geregtigheid kan laat geskied waar die polisie en howe ons faal.

SwartBees ·

Moet hulle nie toe sluit nie, vereer hulle eerder met ‘n medalje van eer.

electricmango ·

Hulle is super sterre, met sulke mense kan jy n pad loop. As hulle nou n politieke party stig sal hulle baie stemme werf. Ten minste het hulle die cahunas om n streep te trek.

Jan Jacobs ·

Die probleem le by Ronald WEF Lamola die wet is nou aan die boere se kant.

John ·

Verbasend hoe moordenaars vir jare nie gevind kan word nie. Maar laat jy nou aan daai moordenaar raak, dan tel hulle jou sommer die volgende dag op…

Johann ·

Maar der duisende moordenaars en verkragters loop los rond want daars bloot nie erns van die polisie om hulle te vang en laat vervolg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.