Vyf vas ná casino-roof

Argieffoto.

Argieffoto.

Vyf mans is in hegtenis geneem nadat hulle Mandag ʼn casino in die Oos-Kaap beroof het.

Kol. Mzukisi Fatyela, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die rooftog het by ʼn klein casino, Ritz Bingo, in Mthatha plaasgevind. ʼn Onbekende bedrag geld is gesteel. “Die vyf verdagtes is Dinsdagaand in verskeie areas van Mthatha vasgetrek,” het Fatyela gesê.

Die polisie het op twee vuurwapens beslag gelê. Fatyela het gesê die mans kan moontlik met ander misdade in die gebied verbind word. Die mans sal in die hof verskyn wanneer hulle amptelik aangekla is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.