Vyf vas ná gewaagde ontsnapping

Argieffoto

Argieffoto

Al vyf gevangenes wat die naweek uit die Dundee-gevangenis in KwaZulu-Natal ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die gevangenes het Saterdagaand ontsnap deur ʼn gat in die plafon en dak van hul sel te sny. Volgens Zwane het ʼn spesiale operasie deur speurders, die misdaadintelligensie- en die honde-eenheid tot die spoedige arrestasies gelei.

Zwane het gesê beamptes het Woensdagoggend vroeg op ʼn huis in die Madadeni-area toegeslaan. “Die gevangenes Cassim Alijan (33), Bongani Kubheka (25), Bongonkosi Sithebe (41), Mondli Gamede (26) en Lethukuthula Shabalala (25) is weer in hegtenis geneem.”

Volgens Zwane is die gevangenes oorspronklik in hegtenis geneem vir misdade soos moord, verkragting en huisroof.

Die verdagtes sal Donderdag in die Dundee-landdroshof verskyn op aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding. Die eienaars van die huis waar die gevangenes gevind is, kan intussen ook aangekla word van die huisvesting van gevangenes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dee ·

… op aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding. Hulle het gate in die ‘plafon en dak’ van hul sel gesny. Die klag behoort ook skadie aan staatseiendom in te sluit. Wonder wat word gebruik om gate in plafonne en dakke mee te sny.

Akram ·

Genugtig. dis goeie werk om die rampokkers weer aantekeer. baie goed. maar hoe het hulle dit reggekry om n gat in die plaffon en dak te maak? ek sou dink dat die plek van so n aard is dat daar nie uitekom kan word nie. wonder of die mense nog deursoek word en sel inspeksies gehou word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.