Vyf vas ná gewelddadige betogings, MP-skole afgebrand

Een van die klaskamers wat onlangs afgebrand is. Foto: SAPD

Vyf mense is in hegtenis geneem in verband met gewelddadige diensleweringsbetogings wat reeds daartoe gelei het dat geboue by minstens twee skole in die Bosbokrand-omgewing van Mpumalanga aan die brand gesteek is.

Pat Ngomane, LUR vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit, het Woensdag die polisie geloof vir die inhegtenisneming en die voorvalle ten sterkste veroordeel.

Maroela Media het vroeër berig gemeenskapslede wat op die bou van ʼn teerpad in die Marite Circuit-gebied, suid van Bosbokrand, aandring, het die afgelope tyd skoolverrigtinge in die gebied verhinder.

Agt klaskamers en die personeelkamer is Sondagoggend by die Lamulelani Secondary School in die gebied aan die brand gesteek.

Die voorval het gebeur terwyl Reginah Mhaule, LUR van onderwys, saam met die burgemeester van die Bosbokrand-munisipaliteit met inwoners vergader het om te versoek dat onderwys in Marite weer op dreef kom. Hulle kon egter nie ʼn oplossing vind nie, aangesien sommige gemeenskapslede volgehou het dat skoolverrigtinge nie sal voortgaan voordat werk aan die pad begin nie.

Dit was die tweede skool waar geboue die afgelope maand aan die brand gesteek is. Betogers dreig onder meer glo om al die skole in die omgewing af te brand as die plaaslike regering nie aan hul eise voldoen nie.

Geboue en klaskamers by Bakustoe High School in Madras is ook afgebrand.

Die Mpumalanga-polisie het vandeesweek vyf mense in verband met gewelddadige betogings in hegtenis geneem.

“Die verdagtes het glo ook buitelanders se winkels geplunder en kruideniersware gesteel. Die verdagtes was in besit van gesteelde goedere en is in hegtenis geneem. Hulle is Tshepo Maile (28), Mbuso Mashaba (23), Kenneth Monareng (31), Nicholas Nonyane (28) en Sfiso Mona (30),” het Joseph Mabuza, woordvoerder van die departement, gesê.

Die verdagtes het Woensdag in die Mkhuhlu-landdroshof verskyn. Hulle is op borgtog van R4 000 elke vrygelaat en moet weer op 20 April in die hof wees.

Ondersoek na die brandstigting by die skole duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ouma ·

Se my! Hoe dink hierdie ouens gaan ons ooit vooruit kom as ons ewig net moet herbou en voorbegin om regtemaak wat hulle met ‘n paar vuurhoutjies afbrand! Dis onsinnig en verstandloos!

Piet ·

Wanneer boere vermoor word dan was die motief noodwendig diefstal, as hulle egter skole afbrand en dan winkels roof word geen klem gele op die diefstal nie, soms word dit nie eers genoem nie.

giep ·

Mentaliteitloos. Dit gaan nooit verander nie. Daar is nie woorde om hierdie tipe mentaliteit te beskryf nie.

Jakalas ·

Hulle het hulle self net in die voet geskiet. Die skool is gemaak om hulle uit daai verskriklike omstandighede te kry met ‘n goeie onderig en nou brand hulle dit af. Pragtig. Hulle gaan ook seker weer verwag van die regering om die skool te herbou.

leoni ·

Hoekom most die kinders van die area daar onder ly? Die staatskas kan ook nie meer voorbly met herstel van al die agterlike dade nie.

Karen van Zyl ·

Hoekom skole afbrand? dit is waar kinders die geleentheid kry om te leer en iets te maak van hulle toekoms?

snoefie ·

lekker. laat hulle kinders dan ongeletterd bly. tensy hulle al DMV erfbelasting, munisipaledienste ens genoeg geld bymekaar het om daardie teerpad te bou.

f ·

Hi Karen, dis die hele punt. Gaan nie gebeur nie. Hulle wil net so bly – wil nie vorder nie. Wil die teerpad kry sodat hulle chappies by die winkeltjie kan gaan koop sonder om hulle tone teen die klippe se stamp. Nevermind die skool.

Thea Pelser ·

Hoekom brand hulle nie die betrokke partye wat nie die paaie regmaak nie se huise af nie. nou moet die kinders wat niks daarmee te doen het nie dit ontgeld

John ·

Teerpaaie deur ‘kolonialiste’ wat lei na afgebrande skole, idiotiese strafkampe ook deur die sg kolonialste uitgedink. Hoeveel moet Afrika nog ly voor daar weer rus en vrede onder die verdroogte ou doringboom kan wees op ons geliefde kaal dorre stofvlakte… Is dit nie die vliegtuig van VN daar op die horison met ons mieliemeel nie? Jippie!

Peach ·

Ek verstaan nie hoekom word hierdie skole weer onmiddellik herbou nie. Die moeilikheidmakers word aanvanklik in hegtenis geneem en dan weer vrygelaat. Daar is nooit enige gevolge vir hulle nie. Die skool word herbou met ONS belastinggeld, en almal gaan voort asof niks gebeur het nie. Die geld wat vir boeke en ander belangriker dinge aangewend moes word, word nou gebruik om vandaliste se werk te herstel. Ek glo as hulle die skole net los soos dit is, die mense tog ‘n les daaruit sal leer, maar omdat dit so vinnig herbou word, ly NIEMAND behalwe die belastingbetaler skade nie. Mens kan redeneer wat van die ander onskuldige partye wat moet skoolgaan, wel wel . dit is tyd dat hulle dan druk op hulle kollegas/vriende/mede leerders toepas om dit NIE te doen nie. Ongelukkig word daar selde daarteen opgetree, so volgende keer doen hulle dit weer. Daar is meer skole afgebrand in die afgelope 2 jaar as in al die jare van apartheid. Gaan kyk maar julle statistieke as julle wil verskil, dan vra ek jou, het dit regtig oor Afrikaans gegaan of oor vandalisme en oor vernietiging as jy nie jou sin kry nie?

Stefaans ·

Mense wat skole afbrand sal altyd houthakkers en waterdraers bly

Scalla ·

Laat die skuldiges as straf die pad help bou deur middel van hande arbeid, kan net afbreek.

Boela ·

Afrikane gee altyd hoog op oor ubuntu – die lewensingesteldheid van eenheid, gedienstigheid en samehorigheid tot voordeel van almal. Ek het altyd vermoed dat ubuntu bloot ‘n mite is wat deur swartbewussynsanargiste aan die wêreld voorgehou word om te toon hoe opreg en edel Afrikane kwansuis is. Om skole af te brand (om maar een voorbeeld te noem) getuig hoegenaamd nie van optrede wat tot voordeel van almal strek nie, en dit bevestig my vermoede dat wat Afrikane sê en dit wat hulle doen dikwels wêrelde van mekaar verwyder is.

piper ·

as n skool afgebrand word moet dit net so gelos woed, want hulle het mos nou bewys hulle wil nie die skool he soos dit is nie maar eerder in die afgebrande vorm. dan moet hulle nou maar self die skool herbou as hulle wil. dit moet ook geld vir klinieke ens. die oorsaak van alles is oorbevolking. maar nog nie een politikus het dit eers genoem nie. as iemand n kindertoelaag wil he gee die keuse, vry sterlisasie en kry toelaag. geen sterilasie en geen toelaag nie.

ne'er a truer word ·

ek stem. as minderjariges aansoek doen, stel ondersoek in. 10/1 is die pa n werkende volwassene. been maandeliks die toelaag uit sy salaris. maar….. hebsug is die dryfveer agter al die vandalisme. straf die tot die letter van die gereg. vat wat hulle het om te vervang. is hulle besittings nie voldoende, bedags aan herstel wei. saans tronk toe. dis wragtig easy come, easy go.

Irene ·

Hoekom borgtog gekry hulle weet hul gaan nie sit nie mense moet wakker word sodat hul lank sit

Wicus Jansen Van Vuuren ·

Laat hulle dit brand, dis mos die nalaatskap van kolonialisme. Hulle wil dit mos weg hê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.