Vyf vas na groot dwelmklopjag

Mandrax-tablette  (argieffoto)

Mandrax-tablette
(argieffoto)

Die Valke het vyf mense in hegtenis geneem en op Mandrax-tablette ter waarde van R25 miljoen beslag gelê in een van die “grootste dwelmklopjagte nog in Gauteng”.

“Die Valke het op chemikalieë, toerusting, ʼn afleweringswa, ʼn groot hoeveelheid Mandrax-tablette en -poeier beslag gelê,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, gesê. Die klopjag is by Zuurbekom naby Johannesburg uitgevoer.

Vyf mense, tussen 27 en 78 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van die besit en hantering van dwelms.

Die klopjag was ʼn gesamentlike operasie tussen die Vaalrand Valke, die misdaadintelligensie-eenheid en tersaaklike polisie-eenhede in die Wes-Kaap. “Die operasie het twee weke gelede begin nadat die Valke inligting ontvang het oor ʼn geheime laboratorium waar dwelms vervaardig word en dan na kliënte in die Wes-Kaap vervoer word,” het Mulaudzi bygevoeg.

Genl.maj. Mthandazo Ntlemeza, waarnemende hoof van die Valke, het die beamptes wat by die gesamentlike operasie betrokke was, gelukgewens. “Die resultate van hierdie operasie en ander onlangse aanvalle beklemtoon die bedreiging wat georganiseerde misdaadsindikate vir ons land inhou. Ons is toegewyd en meer verenig as ooit en sal voortgaan om saam te werk en aggressief enigiemand wat aan onwettige aktiwiteite deelneem agternasit,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ladybug ·

Pragtig!!!!!! veels geluk Valke! Wens ek was deel van daai operasie!

Bessie ·

Alle dwelmsmokkelaars moet die doodstraf kry Punt Finish en klaar

Ina Sieberhagen ·

Beslis dit vernietig nie net ons kinders se lewens maar die hele familie.

ig ·

Stem saam met almal,hoop net die dwelms word vernieting en nie weer gesteel en weer in sirkulasie gebring nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.