Vyf vas ná gru-plaasaanval

Argieffoto

Argieffoto

Vyf verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die gru-plaasaanval die naweek in Dullstroom, Mpumalanga.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het die inhegtenisnemings aan Maroela Media bevestig, maar kon nie onmiddellik meer inligting gee nie. Hy het gesê daar sal wel later vandag meer besonderhede bekend gemaak word.

Maroela Media het vroeër berig die egpaar Sue Howarth en Robert Lynn is Sondag omstreeks 02:00 oorval op die plaas March Land, ongeveer 10 minute buite Dullstroom. Alan en Claire Taylor woon ook op die plaas.

David Spohr, Belfast se AfriForum-takvoorsitter, het vroeër gesê die egpare is albei in hul 60’s en oorspronklik van die Verenigde Koninkryk. “Hulle woon al minstens 30 jaar lank in Suid-Afrika. Hulle het nie kinders nie.”

Howarth is Dinsdagoggend in die Life Midmed-hospitaal in Middelburg oorlede.

Volgens Spohr het Sue vermoedelik wakker geword, want sy was nie in die kamer toe Robert wakker geword het nie. “Die aanvallers het geld geëis en toe Robert vir hulle sê daar is moontlik geld in ʼn ander vertrek, was Sue reeds erg aangerand in daardie vertrek.”

Spohr het gesê die aanvallers het met die egpaar weggery in hul Nissan Hi-Rider-bakkie. “Hulle het Robert geblinddoek in die bos afgelaai. Hy kon eers toe die son opkom homself loswikkel en na die pad stap, waar hy Sue langs die pad aangetref het.”

Volgens Spohr het motors verby die beseerde egpaar gery, maar nie stilgehou nie. ʼn Verbyganger het uiteindelik in Belfast hulp ontbied. “Personeel van ʼn veiligheidsmaatskappy het hulle na die toneel gehaas en die egpaar gevind. ʼn Plastieksak was om Sue se nek gebind en sy het begin versmoor. Robert was getraumatiseer en het waarskynlik nie besef Sue sukkel om asem te haal nie. Die veiligheidsbeampte het dadelik die sak losgesny en Sue het weer begin asemhaal. Hulle is in ʼn ambulans na die Belfast-hospitaal geneem voordat hulle na die Life MidMed-hospitaal oorgeplaas is.”

Robert het verskeie steekwonde in sy rug en bene en is vermoedelik ook met ʼn blaasvlam gebrand. Die Middelburg Observer het intussen berig Robert en Sue is albei ook tydens die aanval geskiet.

Volgens Spohr is die egpaar se skootrekenaars nie gesteel nie en ʼn goue borsspeld en ring was steeds langs die bad.

Spohr het gesê Robert was ʼn ingenieur by Eskom en hy dink Sue het by ʼn beleggingsmaatskappy gewerk voordat hulle afgetree en na Dullstroom verhuis het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

snoefie ·

nou vir pierre De necker se moordenaars ook asb sapd. daar was 20 van hulle en twee polisie offisiere het gestaan en toekyk.

Johan jooste ·

Ek was die persoon wat Sue ini bos gekry het en sy het nplastieksak in haar mond gehad nie met n swart sak versmoor nie Ek het haar losgemaak en toegegooi met my hemp en hahdoek wat onder haar kop was en in n herstel posisigeplaas tot sekuritrit polisie en ambulaans opgedaag het Ek is so bly dat hul die verdagtes gevang het Hul verdien veel erger behandeling as wat hulle aan ons ou mense aandoen

Karma ·

Baie dankie, Johan Jooste, wat jy vir die twee mense gedoen het. Jou beloning sal nie op aarde wees nie, maar eendag in die Hemel.

Amanda Landman ·

Baie dankie dat jy vir haar waardigheid gegee het in haar laaste oomblikke.

Meyer ·

Dit het in Zimbabwe gebeur, hoe kon mense dink dit gaan nie ook hier gebeur nie. Het Malema dan nie vir Mugabe bedank omdat hulle “grondhervorming” daar uitgestel het tot na SA se “demokratiese verkiesing” nie? Die omvang van die verskrikking in Zim en SA is net nog nie bekend nie.

Mariaan ·

Ek sien die vrou is oorlede…maar hoe gaan dit met haar man? Dis so tragies…ek hoop die skurke gaan deur dieselfde lyding in die tronk…geen genade vir hulle nie!

oumie ·

Johan alle sterkte vir jou en God sal jou sëen mense ons moet nou bid dat God vir ons leiding moet gee Angus ons het jou nodig roep ons mense bymekaar dat ons kan bid dat hy vir ons n weg sal gee om voorentoe te gaan ons het GOD nodig mense ASB my VADER in die hemel help ons want ons kan dit nie self doen nie Amen

werner ·

Angus? Angus Buchan! Nee dankie! Hy wat gese het hy woon tussen die Zoeloes en God het guns op hom want hy word nie vermoor soos die ander boere om hom vermoor word nie!! Ek het geen respek vir Buchan nie! Hy is nie n BOER nie. Kyk beslis nie na hom op nie.

Janee ·

Volgens Middelburg Observer moes polisie forensies twee keer terugkeer weens bewyse op die toneel wat misgekyk is en deur skoonmakers gevind is!!!!!!!!!!!!

Geen wonder hierdie skuim nooit in die tronk beland nie.

Amanda Landman ·

Dullstroom inwoners, ek hoop dat julle almal in die hof sal staan wanneer hierdie moordenaars verskyn, slegs met druk vanaf die bree publiek sal die regters die regte ding doen en hierdie mense in die tronk hou! As ek kon was ek die voorbok!

Matty ·

Indien hul skuldig bevind word en tronk toe gaan is dit goed maar sou veel eerder die doodstraf vir hul wou he.

ada ·

Die doodstraf sal beteken dat ons wittes afgemaai gaan word. Vergeet daarvan. Kan nie werk met die regering van die dag nie. Lewenslank agter slot en grendel sal goed wees sodat die ou manne in die tronk hulle kan ‘verwelkom’.

conrad ·

NEE! Jy as blanke het niks te vrees as die doodstraf terugkom nie. Waarvoor? As jy jou pad skoon hou en nie links en regs moord pleeg nie waarvoor is jy bang. Die doodstraf moet terug. Dis Bybels.

ada ·

Baie dankie Johan Jooste vir jou menslikheid. Jy sal geseend wees. Ek hoop jy herstel van die trauma waardeur jy ook is hierdeur. Jy het so goed gedoen en dit kan n troos vir jou wees.

tom ·

Kom ons kyk of hulle ook soos die kis manne gehanteer word!!!!!!!!

Vic ·

Met n blaasvlam. Dis nou n geleentheid vir almal om van heinde en verre te kom. Laat ons nou vir een keer saamstaan, mense. Laat daar duisende betogers wees.

T ·

Stem saam Vic kom ons staan saam. Snoefie ons praat nou van die Dullstroom aanval nie van die motordiefstal saak nie.

hans ·

Dit ruk hand uit,die skuldiges gaan na vyfster gevangenisse,kry alles gratis op die koste van die mense wat hulle so vermoor.

Chris ·

Werner, dankie tog. Ek het gedink Ek is die enigste wat nie ‘n Buchan aanhangers is nie. Ek mag die man nie oordeel nie. Wat hy doen is seker edel en goed. Ek wantrou die “evangeliste” agv wat ek al van hulle gesien het. Godsdiens is een van die groot geldspinners en is wêreldwyd al bewys. Die mense word vertel wat hulle wil hoor en nie wat hulle behoort te hoor nie. As daar een persoon is wat ek ‘n groot agting en respek voor gehad het was die moeder Theresa. Sy het in eenvoud en sonder tierlantyntjies geleef. Iemand het haar ‘n geskenk gegee. Sy het net gesê, verkoop dit ek het dit nie nodig nie.

SS ·

Ai ai party maar uit lyn uit. Angus Buchan is n Godvresende man en gee om vir sy medemens. Hy doen niks uit homself nie en wag op die Here. Ons moet almal nou saamstaan en veral saambid
Ons land in chaos en almal is hiervan bewus
Geen tyd vir afkraak of negatiwiteit nie
Asb ons land MOET nou saamstaan en veral saambid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.