Vyf vas na Hammanskraal-geweld

Betogers het vragmotors en busse aan die brand gesteek (Mei 2016). Foto: Twitter

Betogers het vragmotors en busse aan die brand gesteek (Mei 2016). Foto: Twitter

Vyf verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die geweld in Hammanskraal, waartydens twee mense dood en talle beseer is.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê vier van die verdagtes word van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging aangekla, terwyl die vyfde verdagte van moord aangekla sal word. “Die situasie is kalm, maar polisiebeamptes is steeds in die gebied om dit te monitor.”

Twee mense is Maandag dood nadat die Tshwane-metroraad die Rooimiere en ʼn veiligheidsmaatskappy aangestel het om onwettige plakkershutte af te breek. Inwoners en beamptes het slaags geraak en die polisie is ontbied.

Inwoners het die polisie en werknemers van die maatskappy begin aanval, met klippe bestook en petrolbomme na hulle gegooi. Agt voertuie, wat vragmotors en busse insluit, is ook deur inwoners aan die brand gesteek en heeltemal verwoes. Minstens ses mense is beseer.

Kgosientso Ramokgopa, die Tshwane-burgemeester, het die voorval vroeër ten sterkste veroordeel en gesê die geweld wat uitbreek elke keer wanneer uitsettingsbevele uitgevoer word, is kommerwekkend.

Lees alle vorige berigte oor die Hammanskraal-geweld op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Irene ·

Geen opvoeding nie hulle sien hulle kom weg met alles en lag die regering uit hoogtyd dat daar iets aan gedoen word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.