Vyf vas ná hul dwelms in motor wegsteek

Argieffoto: Kent Williamson

Vyf mense is in Kaapstad vasgetrek vir die besit van sowat R60 000 se dwelms.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes se ouderdomme wissel tussen 27 en 38.

“Die polisie het omstreeks 08:20 Vrydagoggend inligting opgevolg oor ʼn onbevestigde hoeveelheid dwelms wat in Manenberg in Kaapstad vervoer word,” het Van Wyk gesê.

Volgens Van Wyk is ʼn voertuig wat gestrook het met die beskrywing van die verdagte voertuig in Vygieskraalweg in Manenberg tot stilstand gedwing.

“Daar is beslag gelê op heroïne ter waarde van R60 000 wat agter die paneelbord van die voertuig weggesteek was.”

Volgens hom sal die vyf verdagtes aangekla word van die besit van dwelms en in 2018 in die Athlone-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.