Vyf vas ná hul erwe op boer se plaas begin uitmeet

Argieffoto: SAPD

Vyf mense is vanmiddag (Saterdag) in hegtenis geneem nadat hulle op ʼn boer in die Harrismith- omgewing se plaas opgedaag en erwe begin uitmeet het.

ʼn Boer in die omgewing, wat op voorwaarde van anonimiteit met Maroela Media gepraat het, het gesê daar het aanvanklik drie mans en een vrou op dr. Mike van Niekerk se beesplaas opgedaag en begin erwe uitmeet. “’n Man wat homself ʼn prins noem het glo vir hulle gesê hulle mag daardie grond vat. Dit is onduidelik presies wat die omstandighede is, maar daar was glo ʼn dispuut met werkers, ek is onseker of dit huidige of vorige werkers van ʼn ander boer was, wat gesê het hulle is ongelukkig met hul blyplek en die prins het toe later vir hulle gesê hulle mag daar gaan grond vat,” het die boer gesê.

Die “prins” het toe later self by die toneel opgedaag.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het bevestig beamptes is na die toneel gestuur en ʼn saak van betreding is aanhangig gemaak.

“Vyf mense is in hegtenis geneem vir betreding en sal na verwagting Maandag in die hof verskyn,” het Mophiring gesê.

Die boer het gesê Van Niekerk, in sy 80’s, is glo in die verlede ook al gedreig “dat iemand sy grond sal kom vat”.

“Die boere het dit baie mooi en rustig hanteer, die mense het ʼn bietjie aggressief geraak met hulle, maar daar was nie enige voorvalle nie,” het hy gesê.

Die situasie is tans kalm en onder beheer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Penellope Jones ·

Miskien moet al die boere dan maar die titel van Prins aanneem, dan kan hulle mos nou nie van hul grond af verwyder word nie. . . .

Ann ·

Nee. Nie as dit van ons gemeenskap afhang nie. Dr Mike is ʼn geliefde Harrismitter en niemand sal toelaat dat hy iets oorkom nie.

IK ·

Dis voorwaar goeie nuus Ann!! Hopelik is daar foto’s geneem van die plaasbesetters? Op so ‘n wyse dat ook hulle dit gesien het? Dit sal definitief bydra om hulle tweekeer te laat dink.

Johann ·

IK, stem 100% saam. Dr Emslie van Lephalale was ook ‘n geliefde dokter en almal op Lephalale het hom geken. Hy is koelbloedig voor sy vrou en dogter doodgeskiet.

Petro ·

Ek wonder nou net hoekom CR nie 10 van sy plase vir armes nie en sommer van sy huise nie hulle sal dit afbreek en in hulle shacks opslaan

Paul ·

In ‘n oop stuk veld is daar komosse vol in blom, die pragtigste kleure, so vyfhonderdmeter verder is daar ‘n stroom water wat duskant teen die koppie af kronkel. Ek het ‘n idee daardie grond lê braak en behoort aan niemand.

Tant San ·

As die prins homself prins verklaar kan boere seker onafhanklikheid verklaar en hulle eie grond regeer.

LHS ·

Hierdie tipe skynaanvalle gaan toenemend begin voorkom. Eerstens net om die eienaars te ontstel en te verpes maar ook om die boere se reaksie en optrede te bepaal. Nou nog sál die regstelsèl gebruik kan word tot hulle beveel gaan word om nie in te meng nie maar net te monitor.

Henk du Toit ·

Hierdie is maar nog net die krakies aan die damwal my mede afrikaners, Die krakies gaan groter word en krake word. Hierdie damwal gaan meegee en dan staan ons almal rug teen die muur, ja-stemmers en nee stemmers. Algar van ons. Sonder sy rug teen die muur kon die Afrikaner nog nooit saamstaan nie. Die ANC regering het, soos met alles nog altyd, die proses aan die gang gekry en dan laat hulle dit gaan. Nou neem die Polisie nog stappe maar ek kan julle belowe wanneer die krake groter word gaan hulle die situasie net monitor om te kyk dat geen arme ou swartmensie tog beseer of bedreig word nie. Die ANC regering gaan dan die chaos afskryf daaraan dat die proses spontaan genaturaliseerd voortgaan en werk. Wanneer die laaste vee, die laaste pluimvee en gesaaides opgevreet en die grondhongeres hol-oog en half vrek van die honger is, moet ons klaar weg wees. Afrika het nog altyd self sy bevolkings aanwas verklein, Etiopië, DRC, Sudan en Rwanda verwys. Suid Afrika gaan NIE die uitsondering op die reel wees nie.

Driekie ·

@Ann…hoop lede van die gemeenskap is saans daar om hom te beskerm….

Waar is kommandolede? ·

Die boer sal nou lekker kon slaap, as afriforum ‘n paar beredekommando lede (wat nog nie bestaan)!daar grensdraade laat patroleer. Seker elke boer sal goed vir lede en dier sorg vir diens.

vusi ·

wys net hoe bedrieg hulle die meerderheid. erwe afmeet asof die land kan bekostig dat onteiende plase in nedersettings verander word. maar hulle sou heen steun met die onteienings verhore gekry het as die meerderheid geweet het die plase salmoet kos produseer nie.

Theresa ·

Graag wag ek al lank op ‘n antwoord oor die mense wat op ‘n hoek van strate nesskrop en toegelaat word om daar te bly. Dis grondbesetting. Plakkery in ‘n buurt waar mens graag wil woon, verander die hele atmosfeer met stink rook soggens en saans en stukkende meubels wat daar rondstaan. Sien gister hoe die een persoon bed gemaak het en langs die Telkomboks heerlik slaap – want hy wil, kan en sal en niemand verjaag die mense daar nie. Waarom nie???

Trap hulle ·

DIE MENSE WAT EINTLIK vasgetrek en toegesluit moet word is die PRINSE en OFFICIALS wat hierdie erwe verkoop of belowe aan die grondbesetters . Julle moet by die WORTEL VAn die probleem uitkom . help nie julle neem ‘n paar grondbesetters vandag in hegtenis en more is hulle weer uit nie .. die OORSAAK van die probleem is soms self aangestelde KONINGS en PRINSE en GOVT Officials wat die grond aan die mense belowe … hulle pleeg dan ook bedrog deur GELD Te vra vir hierdie mense wat dink hulle het die grond wettiglik vir R2500 gekoop, want dit wat hulle dink wat ‘n stuk grond kos natuurlik ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.