Vyf verdagtes is Maandag in die Wes-Kaap in hegtenis geneem in verband met ʼn vragmotor wat Maandagoggend in La Belle-weg in Bellville gekaap is.
Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het onmiddellik inligting wat hulle oor die gekaapte vragmotor ontvang het, opgevolg.
“Volgens ons inligting was daar sigarette, drank, klere en selfone op dié vragmotor,” het Rwexana gesê.
Die vragmotor is volgens Rwexana in Khayelitsha opgespoor met goedere ter waarde van R300 000 daarin.
Die vyf verdagtes, vier mans en een vrou, almal tussen 20 en 27, sal binnekort in die Khayelitsha-landdroshof verskyn.
Kry borgtog en dan doen hulle dit maar net weer – maak net seker hullw ord nie weer gevang nie – Ja 4+1=5 – Maroela Media
Dagsê MM
Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media
Geen fout nie Pieter, een is reeds skuldig!
Sy calculator se batery was leeg he he
@ Pieter: ongelukkig het hulle nie vir jou gehad om te tel nie. ek dink jy moet maar ‘n verslaggewer word dan wys jy hulle.
Vergeet van die wiskunde maar hierdie raak nou n algemene ding so paar weke gelede op carte blanche gesien en die rekening van die verliese word deur die gebruiker betaal.
dis mos maklik. die anc regering bied n goeie leerskool.