Vyf vas ná jaagtog van 46km

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Vyf vermeende rowers het hul rieme styfgeloop by Witpan, naby Bloemhof in Noordwes.

Volgens kapt. Paul Ramaloka, polisiewoordvoerder, het die vyf verdagtes glo ʼn kruidenierswarewinkel in Wolmaransstad van ʼn aansienlike bedrag geld en sigarette beroof, waarna hulle van die toneel gevlug het.

Ramaloko het gesê beamptes, wat besig was met ʼn spesiale operasie in die dorp, het ʼn motor sien jaag en dit agternagesit. Die verdagtes het glo hierna verskeie skote op die polisie geskiet.

Volgens Ramaloko het die jaagtog vir sowat 46km aangehou totdat die bestuurder beheer oor die motor verloor het. “Die verdagtes is oorrompel en in hegtenis geneem. Ramaloko het gesê die motor is deursoek, waarna die polisie op die vermoedelik gesteelde goedere, kontant en twee ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê het.”

Maj. genl. Jacob Tsumane, waarnemende polisiekommissaris in Noordwes, het die polisiebeamptes geloof wat by dié inhegtenisname betrokke was. “Die arrestasies stuur ʼn duidelike boodskap aan misdadigers dat hulle nie in die provinsie geduld sal word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

tamboti ·

lekker soos ‘n krekker, al 5 is egter rowers wat hulle het geroof, die goed en ongelisensieerde wapens is daar gekry. MAAR NOU MOET ONS WAG DAT DIE HOF SO BESLIS, of ons oortree die wet en hul mense regte! Dan is ons nie vermeende oortreders nie ne’?
Jammer die skietgeveg het te gou gestop.

pop ·

Tamboti, of te gou geeindig, of die polisie is swak skuts. Nietemin mooi werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.