Vyf vas ná man sterf in kaping

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mense is in hegtenis geneem in verband met ʼn kaping waartydens ʼn man doodgeskiet en sy vriendin gewond is in Bloemfontein in die Vrystaat.

Lt.kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die 27-jarige man en sy 25-jarige vriendin het op Nuwejaarsdag in ʼn motor buite die vrou se huis gesit.

Drie verdagte mans het hul motor genader waarna ʼn struweling uitgebreek het en die man vyf keer geskiet is. Hy is op die toneel dood. Sy vriendin is ook geskiet en gewond. Sy is reeds uit die hospitaal ontslaan. Die mans het met die paartjie se wit VW Polo gevlug.

Volgens Mbambo is twee verdagtes op Nuwejaarsdag in hegtenis geneem nadat die gekaapte motor in Botshabelo opgespoor is. “Die polisie het vier verdagtes in die motor gevind. Twee kon daarin slaag om te ontsnap en die ander twee is in hegtenis geneem.”

Mbambo het gesê nog twee verdagtes is Sondag in Thaba’Nchu in hegtenis geneem. Hulle het die polisie na ʼn huis in Botshabelo geneem waar hulle die vuurwapens wat glo in die uitvoering van die misdaad gebruik is, weggesteek het. Die polisie het op verskeie vuurwapens beslag gelê en ook die eienaar van die huis in hegtenis geneem.

Die vyf verdagtes sal na verwagting Maandag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.