Vyf vas ná Piet Retief-plaasmoord

plaashek-pexels

Foto: Pexels

Vyf persone is in hegtenis geneem in verband met die moord van Gunther Prigge (66) van Mooihoek in Piet Retief, Mpumalanga.

“Die gewelddadige voorval het gisteraand omstreeks 19:45 plaasgevind,” het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media bevestig. “Hy het by sy huis aangekom en gesien die hek staan oop. Hy het kort daarna gesien ʼn groep van vyf mans, met klapmusse, betree die huis.”

Volgens inligting van die polisie het ʼn skietery ontstaan tussen die boer en die oortreders. “Twee van die oortreders is geskiet, maar kon vlug. Die boer is noodlottig gewond.”

Die polisie is na die toneel ontbied en een van die beseerde verdagtes is naby die toneel gevind. “Drie van die mans is deur die loop van die nag by hul verskillende wegkruipplekke aangekeer. Die laaste verdagte is vanoggend in die bosse gevind, hy kon nie verder beweeg nie weens die erns van die skietwond wat hy opgedoen het.”

Hlathi het gesê die polisie het beslag gelê op die vuurwapen wat gebruik is om die boer mee dood te skiet.

“Die twee beseerde verdagtes is in ʼn hospitaal opgeneem en bly onder polisiebewaking. Drie verdagtes is agter tralies en hulle sal Woensdag, 27 Desember, in die Piet Retief-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Andile ·

Ongelukkig is jy reg Chrisn. Meegevoel met die boer se familie.

Dieter ·

Die berig is nie heeltemal waar nie. Die oom was by die huis. Sy dogter en skoon seun het 20min voor die aanval daar aangekom. Die aanvallers het die huis binne gekom. Die oom en skoonseun het dit op die kamera gesien. Hy het rewolwer gegryp en een deur been geskiet. Die aanvallers vlug toe maar een van hulle wou by kombuis deur uit wat gesluit was. Oom skiet die ou in die maag en toe baklei hulle. Die aanvaller gryp rewolwer uit oom se hand en skiet hom in die nek. Oom se dogter het alles gesien.

LB S ·

Ai, hoe verskriklik en dit so voor Kersfees en ‘n nuwe jaar. :(

Andrea ·

So n dapper, parate man. Só bitter jammer dit het sleg vir hom ge-eindig. My innige meegevoel aan die familie.

Pieter ·

Stuur alle plaasmoord berigte aan vir AfricaCheck. Hul dink mos Maroela / Afriforum lieg.

PJC ·

Baie jammer dat nog ń persoon met sy lewe moes boet. Dit bly egter ń jammerte dat aanvallers so maklik mense se eiendomme kan binnedring.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.