Vyf vas ná reeks plaasaanvalle in Tzaneen-gebied

windpomp plaas boer sonsondergang natuur

Foto: Holmespj/Pixabay.com

Vyf mans wat vermoedelik met plaasaanvalle in die Tzaneen-omgewing in Limpopo verbind word, het Maandag in die Tzaneen-landdroshof verskyn.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak teen Artilo Percy Billa (45), Mohale Elias Monyela (28), Nyelesani Radzhihadzhi (38), Lucas Nakana (44) en Ronnie Makwala (24) is tot 4 September uitgestel wanneer hulle na verwagting om borgtog sal aansoek doen. Al vyf bly in aanhouding.

Die vyf verdagtes is Vrydag tydens optrede van die polisie in Bolobedu-Suid buite Tzaneen in hegtenis geneem. Volgens Ngoepe het die polisie tydens die operasie op 14 gewere, twee pistole en 318 patrone van verskillende kaliber afgekom. Die vuurwapens was in een van die verdagtes se tuin begrawe.

“Die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat hierdie verdagtes met ʼn reeks plaasaanvalle in die gebied verbind word. Nog inhegtenisnemings word verwag,” het Ngoepe gesê.

TLU SA het Maandag in ʼn verklaring die polisie geloof vir die inhegtenisnemings. “Die feit dat [die polisie] boonop praat van ʼn sindikaat, beteken dat TLU SA nog heeltyd reg is dat plaasaanvalle ʼn georganiseerde misdaad is en nie net ‘gewone misdaad’ soos die polisie meestal wil beweer nie,” het Henry Geldenhuys, adjunk-president van TLU SA en voorsitter van die veiligheidskomitee, gesê.

“Ons hoop daarom dat die polisie nie gaan volstaan met dié arrestasie nie, maar die werklike gesigte en magte agter die sindikaat ook sal uitsnuffel. Dit bewys dat die huidige regstelsel ongerehabiliteerde misdadigers voortydig vrylaat sodat hulle weer met misdaad kan begin,” het hy gesê.

“Ons is baie bekommerd dat hierdie mense weer om borgtog aansoek kan doen en dan hangende hul verhoor, vry op straat en tussen die plase kan rondloop. Daar behoort ʼn stelsel ingebring te word dat mense met vorige misdaadrekords nie vir borgtog in aanmerking gebring kan kom nie. Die vervolgingsgesag sal tog nie iemand arresteer en aankla as hy nie glo dat hy ʼn saak bo redelike twyfel kan bewys nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Wow well done ·

Wow well done vir elke Polisie lid en informant wat tot hierdie sukses gelei het!!! Mag jul werk vrugte afwerp en die klomp goed swaar gestraf word.

Opinie ·

In hierdie land, word sulke moorde eerder aangemoedig as gestop.
Hul verdien nie borg nie.
Wens hul kan almal vang en die plaasmoorde stopsit.
Wie dink daai moordenaars, sorg vir die kos op hul bord? Wie gaan voorsien as al die boere uitgewis is???

danie ·

Dit kan nie wees nie. Volgens Maroela se lesers word die ouens nooit gevang nie en as hulle gevang word, word hulle dadelik vrygelaat.

anton ·

Dit gaan niks help om sarkasties te wees nie danie.
Een uit n duisende word gevang. Hierdie is maar net die oortjies van die seekoei.
Ek wonder soms waar mense wat sulke stellings maak leef. Seker nie in SA. nie.

Ada ·

Die regering sit agter hierdie aanvalle . Indien jy nie iets stop nie – is jy ok met wat gebeur so hulle gee hulle stille goedkeuring. Kan hulle daarvoor aangekla word Gerrie Nel? Of enige ander advokaat?

Andrea ·

As hul borgtog kry moet hul gevang en gehang word. Verwyder hul uit die samelewing permanent.

tamboti ·

Andrea jy is reg, misdadigers moet eintlik nooit vir borg vra nie, so bang moet hul wees wat die gemeenskap hul gaan aandoen as hul die hof verlaat!

Pieter ·

Die polisie hier in die Transvaal moet tog gerus by hul kollegas in Natal gaan leer hoe word die ding gedoen. MM het vandag/gister berig oor vyf rowers wat nooit weer ‘n probleem sal wees nie. Die hele hof storie met al die uitkomkanse word summier onnodig en dit werk BAIE beter.

LB S ·

Waar is Transvaal, en waar is Natal? Woon ons in dieselfde land?

Braam Koekemoer ·

Indien iemand vir een oomblik gedink het plaasmoorde is impulsiewe aksies maak hulle n masiewe fout. Dit is voor die hand liggend georganiseerd. Wel gedaan vir die inhegtenisnames. Die probleem is hulle informante gaan net weer vir die volgende sindikaat inligting gee. Hierdie groeperings weet nie net wat boere se bewegings en fasiliteite is nie. Iemand voer die inligting.

Toppie ·

Hulle is ‘n ander kleur as wit so hulle kom in aanmerking vir borg, is mos nie ‘n gevaar vir ander mense nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.