Vyf vas na renosterkarkasse in wildtuin gevind is

Argieffoto van renosters in die Krugerwildtuin (Foto: Karen Sandison/African News Agency/ANA)

Vyf verdagtes is die naweek in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem nadat daar op twee renosterkarkasse afgekom is.

Die verdagtes is Saterdag tydens ʼn intelligensiegedrewe operasie in die Malelane-streek van die wildtuin in hegtenis geneem, het Isaac Phaahla, woordvoerder van die wildtuin, gesê.

Vyf renosterhorings, ʼn jaggeweer, ammunisie en toerusting wat gebruik word om te stroop, is in die verdagtes se besit gevind. Die voertuig waarin die verdagtes gereis het, is ook op beslag gelê.

Volgens Phaahla het die inhegtenisnemings gevolg nadat op twee renosterkarkasse afgekom is wat met gras en takke bedek is. Die veldwagter in die streek het onmiddellik ander veldwagters ontplooi om ʼn soektog in die gebied van stapel te stuur.

“ʼn Verdagte kombi is naby die toneel opgemerk. Die permit wat in hulle besit was, was net vir twee mense en die veldwagter het agterdogtig geraak toe hy nog drie mense in die voertuig opgemerk het.”

Die veldwagter het die bestuurder van die voertuig beveel om hande in die lug uit die voertuig te klim en om die kattebak oop te maak. Die ander passasiers is ook beveel om uit te klim en op die grond te lê. Een van die verdagtes het ʼn vuurwapen op die veldwagter gerig. Bystand is intussen ontbied en al vyf verdagtes is in hegtenis geneem.

“Die verdagtes is almal in aanhouding en die moontlikheid van nog inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie. Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte wat met renosterstropery verband hou.”

Fundisile Mketeni, uitvoerende hoof van SANParke, het die inhegtenisnemings verwelkom en misdadigers gewaarsku dat hulle hul rieme sal styfloop in die wildtuin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Net vas ·

Maar na wat die renosters deur is, behoort daai vyf nie meer asem te haal nie.

Vanessa Oosthuizen ·

Wens hulle wil nie eers bekendmaak as daar poachers gevang is nie, bind hulle vas en los hulle in die veld, laat die leeus en hiënas met hulle afreken…stadig maar seker. Gooi sommer stroop oor hulle oè ook, dat die miere begin terwyl hulle lé en wag vir die roofdiere

Patch ·

Baie hartseer oor die renosters. Welgedaan aan die veldwagters!

Marianne ·

Baie goeie opsporingswerk!!
Hou so aan!!
Maar jammer oor die verlies van renosters weereens….:-(((

Koos Kookwater ·

Ek stem 100 % saam Alida. Net jammer hy het “mense regte” wat die grootste klug denkbaar is

George ·

Hoop nou nie dis die einde van die storie nie, want hoeveel keer het ons al gehoor van ander verdagtes wat ook voorheen gevang was nie,

Sandra ·

Moet nou nie die gemors vrylaat nie want dan vlug hulle oor die grens en dis koebaai meraai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.