Vyf vas ná rooftog in Boksburg

(Foto: SAPD/Facebook)

ʼn Polisiebeampte, wat nie aan diens was nie, het vinnig reageer toe hy ingelig is oor ʼn rooftog Woensdagoggend by ʼn poskantoor in Boksburg.

“Terwyl hy rondgery het, het hy die voertuig van die verdagtes geïdentifiseer en van sy kollegas versoek om hom te ondersteun,” het kapt, Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, gesê. “Lede van die misdaadkantoor het by hom aangesluit en ʼn jaagtog het gevolg. Maksimum hulpbronne is gemobiliseer en die verdagtes is kort daarna aangekeer.”

Polisiebeamptes het tydens die inhegtenisneming beslag gelê op vier onwettige vuurwapens en kontant in ʼn plastieksak, wat vermoedelik tydens die rooftog gesteel is.

“Volgens die voorlopige ondersoek het vyf gewapende mans ʼn veiligheidswag by die poskantoor oorrompel en met die kontant van die toneel gevlug.”

Die polisie kon vinnig die vyf verdagtes, tussen 23 en 43 jaar oud, identifiseer. Hulle is almal in Boksburg in hegtenis geneem.

Die polisie se ondersoek duur voort om te bepaal of die mans ook met ander misdade verbind kan word. Hulle sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van sakeroof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

(Foto: SAPD/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mallie ·

Polisie – Bo. Baie geluk. Julle begin bykom. Net n bewys dat daar darem n paar is wat nie korrup is nie. Dankie.

koos10 ·

Kan al die mense wat altyd oor die SAPS se vrot appels kommentaar lewer, net asb hiervan kennis neem!!!
‘n Lid, (LW) van diens af, doen werk wat niemand anders sou doen nie.
Kollega, ek salueer jou, en die span wat jou gehelp het.
Kan MM die lid identifiseer asb, ek wil vir hom ‘n dop koop!

Johann ·

Die twee pistole op die kar se sitplek lyk altwee dieselfde as CZ’s wat deur die staat uitgegee word. ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.