Vyf vas na sakeman ontvoer is

Een van die verdagtes (Foto: SAPD)

ʼn Zimbabwiër en nog vier verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ʼn sakeman van Midrand.

Die Zimbabwiër se vrou en meisie is onder die verdagtes. Volgens brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, is die sakeman op 18 Januarie ontvoer en het die ontvoerders ʼn losprys van sy familie en sakevennote geëis.

ʼn Multidissiplinêre span onder leiding van die nasionale ontvoeringseenheid het die verdagtes by huise in onder andere Pretoria en Johannesburg vasgetrek, het Mathe gesê.

Daar is op ʼn Toyota Corolla en ʼn Toyota Quantum, asook verskeie selfone en SIM-kaarte beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.