Vyf vas ná skietery op N2

misdaadtoneel

Argieffoto

Vyf verdagtes wat gesoek was in verband met ʼn gewapende rooftog, is Donderdag op die N2 in Kaapstad vasgetrek nadat polisiebeamptes die bande van hul wegkommotor stukkend geskiet het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê lede van die polisie se nasionale intervensie‑eenheid was omstreeks 12:40 besig met patrollie op die snelweg toe hulle inligting ontvang het oor die verdagtes wat ook op die N2 in ʼn wit Mercedes‑Benz C180 ry. Die beamptes het die voertuig opgemerk en agternagesit.

“By die aansluiting van die N2 en die Borchards Quarry-afrit het die beamptes die verdagtes opdrag gegee om van die pad af te trek, maar die bestuurder het geweier en ʼn vuurwapen op die polisie gerig. Die polisiebeamptes het ʼn R5-geweer gebruik om die agterste bande van die Mercedes‑Benz stukkend te skiet en die voertuig is tot stilstand gedwing,” sê Van Wyk.

Die beamptes het vinnig beweeg en al vyf verdagtes op die plek in hegtenis geneem.

Die verdagtes, tussen 31 en 45 jaar oud, sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van gewapende roof, onwettige besit en rig van ʼn vuurwapen.

“Dit het boonop later aan die lig gekom dat ander polisiebeamptes inligting ontvang het dat verdagtes in ʼn wit Quantum-voertuig en wit Mercedes ʼn sigaretafleweringsvoertuig agtervolg het, glo met die plan om die afleweringsvoertuig te beroof. Polisiebeamptes het op die Quantum toegeslaan en die insittendes in hegtenis geneem, maar die Mercedes kon daarin slaag om weg te jaag. Dit was dieselfde Mercedes wat die beamptes van die nasionale intervensie‑eenheid tot stilstand gedwing en in hegtenis geneem het,” sê Van Wyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

KG ·

Wel gedaan SAPD. Alhoewel meeste van ons maar redelik negatief ingestel is teenoor die SAPD, het ek nog altyd gevoel daar is nog heelwat lede wat ‘n polisieman/vrou in die volle sin van die woord is.

Cherokee ·

Miskien gemotiveer deur KILOGRAM se kommentaar en in opvolg daarvan, hier is my storie van vandag en vroeër en vandeesweek.
Om 20:20 Sondag die 3de van die maand het ‘n Merc met groot skade (slepend op die grond) in ‘n gebou onder my beheer ingery.
Lang storie kort maak, dit het opsigtelik met iets groen getref en die neus kant wat beskadig is, word weggesteek deur ‘n ander parkering as gewoonlik te gebruik.

Ek het ‘n kennis in die metro polisie gevra om ondersoek in te stel of daar ‘n ongeluk was waarin ‘n voertuig weg gery het. Vandag het hy twee lede in privaat drag na my kantoor gestuur. Hulle het ingestap, my gekomplimenteer met die voorkoms van die gebou, na die beskadigde Merc gaan kyk en fotos geneem, terug na my kantoor, fotos geneem van die skilderye (self gedoen) want dit het hulle beïndruk, uitgevra oor eiendom wat gekoop kan word, na ‘n vriendin gery wat koopbare eiendom op die mark het, probeer om voertuie en meubels te koop.
Ek wou net seker maak of daar nie dalk ‘n ongeluk was waarin die skuldige party weggery het, nie. Mense kon seergekry het. Ek moes seker maak.
Die ‘ondersoekers’ se belangstelling was in skilderye, eiendom en meubels.

willem Botha ·

Dit is waarom hulle salaris verdien,die publiek is aan sulke swak diens gewoond dat waneer hulle hul werk doen is almal in ekstase.Ek sien nie dat hulle misdaad voorkoming doen om misdade soos moord,verkragtings, huis roof en motor kaping te bekamp nie.

Wit Willem ·

As die Polisie so treurig is hoekom is ons tronke so vol?

willem Botha ·

Die rede daarvoor is dieselfde as opgaardamme in sa gebou vir n kwart van vandag se bevolking en nooit vergroot of aangevul vir die bevolkings groei nie en dit is nie hoe jy die polisie meet nie maar deur misdaadstatistieke.

Hendrik UAE ·

N BELLS vir die een wat die bande raak geskiet het terwyl die kar ry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.