Vyf vas ná transitoroof; spesiale vergadering belê

Die toneel in Atlasweg. Foto: Verskaf

Vyf verdagtes is in hegtenis geneem ná Donderdag se transitorooftog aan die Oos-Rand waarin twee G4S-transitovoertuie in ʼn swaargewapende aanval geteiken is.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het aan Maroela Media bevestig die verdagtes is kort ná die voorval op die M2-hoofweg in hegtenis geneem toe die polisie hulle agternagesit het nadat hulle van die misdaadtoneel gevlug het.

“Die polisie het die motors herken en ʼn groot deel van die hoofweg was vir lank gesluit,” het Mulamu gesê.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die Valke nou die ondersoek behartig. Mulamu wou nie onmiddellik bevestig na hoeveel verdagtes die Valke nog op soek is nie.

Maroela Media het vroeër berig altesaam agt mense, onder wie veiligheidswagte en lede van die publiek, is tydens die rooftog gewond.

Kapt. Pearl van Staad, polisiewoordvoerder, het gesê tussen drie en vyf voertuie het op twee G4S-transitovoertuie in Atlasweg, Boksburg, toegeslaan terwyl die voertuie in die rigting van Kempton Park op pad was.

“Daar was ʼn skietery en albei voertuie se deure is oopgeblaas. Veiligheidswagte is tydens die rooftog gewond. Omstanders is ook in die kruisvuur gewond,” het Van Staad gesê.

Paramedici van ER24 en nóg ʼn ambulansdiens het na die beseerdes op die toneel omgesien.

Intussen het Malatswa Molepo, parlementêre woordvoerder, bevestig die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie sal op 13 Junie 2018 ʼn spesiale vergadering hou oor die onlangse vlaag transitorooftogte.

Francois Beukman, voorsitter van die komitee, het gesê dit is onaanvaarbaar dat transitorooftogte “normaal” word in Suid-Afrika.

Beukman meen dié misdade wat dikwels met hoë kaliber wapens uitgevoer word, moet deurgaans ten sterkste veroordeel word. Die komitee meen die polisiebestuur moet kort- tot mediumtermynmaatreëls instel om af te reken met dié probleem.

Hy het verder gesê die transitomaatskappye moet nou saam met die polisie werk om met strategieë vorendag te kom as oplossing vir dié soort misdaad.

Groot private veiligheidsmaatskappye soos Business Against Crime, die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric), die reguleringsowerheid vir die private veiligheidsbedryf (Psira) en die Private Security Association sal ook na die vergadering genooi word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

willie ·

Dit is vir my opvallend dat die G4S voertuie veral geteiken word, wat van al die SBV voertuie! Sou dit wees agv die voertuig spesifikasie, personeel opleiding of moontlik binneinligting? Hoop die ondersoek gee die antwoorde.

Susanna ·

Daar was gister ‘n voice note rondgestuur wat sê een van die wat gevang is, is ‘n lid van die polisie se honde eenheid. Hoe waar dit is weet ek nie. Maar dit is baie scary om te dink dat die polisie moontlik by sulke goed betrokke is. Is dit nie waar hulle daardie wapens kry nie?
Just my two cent.

Leonie ·

Dit is wel waar. Hy is van Mpumalanga. Polisie het dit bevestig ook en dis op News24. News 24 berig wel dat daar gisteraand nog 2 gevang is so in total is daar nou 7 toegesluit.

Liezl ·

Susanna, verseker is daar polisielede betrokke by hierdie tipe goed. Dit is regtig verskriklik hoe korrup die mense geword het. Niks verbaas my meer nie, enigiets is moontlik. Ek voel jammer vir die eerlike, opregte polisiemanne.

President's Keepers ·

Lees bg boek, dit sal jou oe oopmaak oor die wydte en diepte van korrupsie & kriminele in die ‘amptelike’ stukture van SA. (Asook hulle netwerke)

Cherokee ·

Santjie, die poelieste is ook gewone straatlinge. Hulle suffer ook wanneer Tastic Rice ‘n prysverhoging aankondig, nevermaaind brood en ertappels, en wat van petrol!!! Hulle moet dus ook ‘n paar rand maak in die spaartyd (en spaartyd is somtyds min wat kroeks neem dit in beslag). So waarom sal dit jou skok? Weet jy nie hoeveel van hul grootbase word vasgetrap nie? Ek meen, hierdie is Suid Afrika… (die stokou maar splinternuwe een!).

Eish ·

Volgens Huffington post is n lid van die Polisie van Mpumalanga betrokke.
Anargie in sy element.

Susanna ·

“But Burgess said during her research conducted for her book‚ there was no evidence showing that the people involved had military training. However‚ there was a lot of evidence which showed police involvement in the crime. “The cops are very involved in these syndicates. They are recruited into these syndicates and are very involved‚” said Burgess.”

Cherokee ·

Ek sê, vir die soveelste opeenvolgende keer, dit is lieg om te vertel dat dat die note met ink gevlek word wanneer die geldkiste oopgeforseer word.

Dit benodig ‘n eenvoudige sisteem wat die note vernietig wanneer die geldtrommels oopgeforseer word. Die note kan weer gedruk word want die sisteem behoort te behels dat alle nootnommers geregistreer word.

As julle nie iets so eenvoudig kan ontwerp nie, moet nie droom om ooit die lug te verken nie.

Neilia ·

Duidelik weet jy nie waarvan jy praat nie, die geldnote word gevlek , maar nie alles nie. En as jy oplet sal jy sien dat dit in sakke is en nie geld kassies. My vriend is 2 weke terug aangeval want hy het in sy eie motor begelei. Dit se vir my inside info. James Reed het geen plakker of klere gedra wat hom kon identifiseer nie. Hulle was uit op n moordtog vir geld. Ek dink die minister van veiligheid moet persoonlik gedagvaar word. Volgens haar is die land veilig.

Cherokee ·

Duidelik weet jy wel waarvan jy praat. En jy sê net die boonste note hoef weggegooi te word terwyl die res nie gevlek is nie. En jy sê èk weet nie waarvan ek praat nie maar vertel ‘n storie wat nie werklik veel daarvan verskil nie. Probeer weer.

jakes ·

Bring terug al die polisie se spesialis eenhede…na ń streng keuringsproses.

Ekke ·

Lid van die Valke het ook ek dink in Nelspruit in die hof verskyn omdat hy verbind kan word met transitoroof. Beslis iemand wat roetes en spesifieke tye deurgee want hulle is ingewag.

PIKKEWYN ·

Ek stem saam. “Die valke behartig nou die ondersoek” Dit is nou spreekwoordelik om van wolf skaapwagter te maak!!

Petro ·

Hierdie roof van geld trokkies ruk nou hand uit. Ek wonder net WIE sit agter dit. Waar kry hulle die wapens en plofstof. Wie leer hierdie mense hoe om met plofstof te werk?

Vanessa Moore ·

Ek stel voor die weermag vergesel die voertuie. Ek is trots op die polisie dat die klomp vasgetrek is, want so kan dit nie aangaan nie. Dit neem net toe en onskuldige mense kry seer. Hulle sien hulle kom weg daarmee en as hulle gevang word is hulle binnekort weer uit die tronk. Ai, ek kry die polisie ook jammer wat moet “deal” met die rowers. As ek na die wapens kyk wat hulle gebruik staan niemand ‘n kans (wonder waar kry hulle die goed!, sarkasties). Al wat ek kan sê is dat Suid-Afrika lankal nie meer dieselfde is nie. Mens vrees elke dag vir jou lewe!

Sê net ·

No Vanessa, Go read up about a shooting in Port St Johns, 2014.

realis ·

“Transito maatskappye moet die polisie betrek” ???????
Dis dan die polisie self wat help met die “fondsinsameling”. Hoe nou?

Liezl ·

As the name suggests, the high powered rifle is an extremely powerful rifle, able to kill an enemy with one shot anywhere on the body.
However, the rifle’s power is offset by the slow reload time and the width of the scope, making it a poor weapon for mid to close range combat.
In the hands of an expert player, the High Calibre Rifle is a deadly and long ranged weapon to be used in any battle.

concirned ·

Vanessa Moore ek stem nie saam dat die weermag moet help nie, hulleself is bankrot. Ons is baie wat soortgelyke wapens wetiglik besit en damn man kan ons nie n kans kry om die probleme uit te sort nie. As n oud polisie lid maak al die rooftogte nie sin nie, iemand kort geld en dit is n baie groot sindikaat wat betrokke is.

Riaan ·

‘n Spesiale parlementere vergadering gaan gehou word oor die onlangse vlaag transitorooftogte.
Interessant.
Wat van so ‘n vergadering omtrent die onlangse en minder onlangse vlaag plaasaanvalle? Julle kan lank vergader, dit gaan al aan vanaf die cANCer die land gegee is.
O ja, dit is witmense, so dis nie belangrik nie.
Skuus…

Hoc est bellum ·

13 Junie eers vergader? ‘n Krisis soos dié waar onskuldiges raakgeskiet word en motorbestuurders vir hul lewens moet vlug, moet voor 13 Junie opgelos wees. Wat gaan die reaksie wees as die Blouligbrigade hulself in so rooftog vasloop? Sterkte aan diegene wat hieraan blootgestel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.