Vyf vas ná transitorooftog in Bloem

Die bakkie en begeleidingsmotor ná die botsing. (Foto: ER24)

Vyf verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ’n transitorooftog vroeg Vrydagoggend in Bloemfontein in die Vrystaat.

Kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het inligting ontvang van ’n moontlike transitoroof op die Bloemfonteinse kontantafleweringsroete waarop polisiebeamptes reageer het.

Die polisiebeamptes het omstreeks 05:30 gesien hoe ʼn motor in ’n ander motor vasjaag wat ʼn geldwa op dié roete begelei het.

Die transitowa is egter nie in dié botsing getref nie en het aanhou ry terwyl die polisiebeamptes die verdagtes in die motor wat in die begeleidingsmotor vasgejaag het, genader het.

’n Skietery het tussen die polisiebeamptes en die verdagtes uitgebreek en die verdagtes het hul motor, wat intussen aan die brand geslaan het, agtergelaat en op die vlug geslaan.

Volgens Muridili is die hulp van nog polisiebeamptes ingeroep. Dié was op ʼn tweede toneel ’n ent verder waar die geldwa uiteindelik wel voorgekeer, beroof en aan die brand gesteek is.

“Een van die verdagtes se voertuig is deur die polisie voorgekeer, maar hulle het hul wegkommotor agtergelaat en te voet gevlug.

“Die polisiebeamptes het die verdagtes agtervolg en vyf verdagtes is in hegtenis geneem. Een van dié verdagtes is later in ’n hospitaal dood nadat hy in die kop geskiet is.”

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê vyf veiligheidswagte is beseer en na ʼn hospitaal vir mediese behandeling geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter ·

Dit gaan rof in hierdie landjie van ons…. Net die Here kan die chaos verander in kalmte en vrede.

Moedeloos ·

Nie tengunste van die daad nie maar die mense in SA kry swaar en covid 19 vererger alles

Danie ·

Sjeim, die manne kry voldoende waarskuwing en dan draai hulle planne nog altyd uit in chaos.
Nooit gedink dat een groep die aandag moes aflei van die tweede groep nie ne?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.