Vyf vas ná vragmotor gekaap word

Die Isuzu-voertuig waarin van die gesteelde goedere gevind is. (Foto: Verskaf deur EMPD)

Vyf buitelanders is Saterdagoggend in hegtenis geneem nadat ʼn vragmotor Vrydag omstreeks 19:00 op die R21 in Irene, Pretoria, gekaap is.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni Metropolisie (EMPD), sê die vragmotor het ʼn vrag ter waarde van R2 miljoen op gehad wat bestaan het uit seep, tandepasta, tandeborsels, en ander sanitêre ware. Die vragmotor was op pad na Botswana toe ʼn onbekende aantal kapers toegeslaan en die voertuig met sy vrag gekaap het.

“Vanoggend omstreeks 08:00 het die EMPD se Swat-span met behulp van ʼn opsporingstelsel die vragmotor op die R25 in Bapsfontein opgespoor, maar die vrag was skoonveld. Die EMPD se gemeenskapskakelingseenheid het inligting by informante ontvang wat beamptes na twee plekke in Kempton Park gelei het,” sê Kgasago.

Vier van die vyf verdagtes wat in hegtenis geneem is. (Foto: Verskaf deur EMPD)

Hy sê gesteelde goedere is by ʼn huis in Lightningstraat opgespoor waar drie verdagtes in hegtenis geneem is. Terwyl beamptes op die toneel besig was, het hulle gesien hoe ʼn Isuzu-voertuig verby ry met nog van die gesteelde goedere agter op.

“Die Isuzu is agternagesit en voorgekeer en ʼn groot hoeveelheid van die vermiste vrag is op die voertuig gevind. Die twee insittendes in die voertuig is ook in hegtenis geneem,” sê Kgasago.

Hy sê die res van die gesteelde goedere is uiteindelik by ʼn huis in Marsstraat in Rhodesfield opgespoor. Al die goedere is aan die eienaars terugbesorg.

“Die vyf verdagtes, drie Zimbabwiërs, een Malawiër en een Nigeriër, tussen 26 en 36 jaar oud, is aangekla van die besit van gesteelde goedere. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Wurmpie ·

Gaan nou tronk toe en die belasting betalers moet vir hul sorg

Chris ·

Hierdie buitelanders bring misdaad in wat versprei soos ‘n kanker deur die land asof SA nie alreeds genoeg probleme van sy eie het nie. Hulle is oral betrokke. Plaasmoorde, hi jackings, diefstalle, human trafficking etc. Miskien is Donald Trump nie so ver verkeerd om ‘n muur te bou op die grens nie. Iets sal drasties gedoen moet word aan hierdie onwettige immigrante.

Johann ·

Chris jy is heeltemal reg, langs my woon buitelanders hulle groei erger as ‘n muurshoop, word snags met ‘n toe trok hier afgelaai dit met behulp van die landlord

JaNee ·

Met die lees van die eerste paar reëls het ek vermoed dat buitelanders hierby betrokke is. SA is die land van melk en heuning vir hulle. Ons almal weet hoe lyk dit in Zim. Daar is geen manier waarop ons onsself kan beskerm met die regering wat n morele skuld teenoor sy broers in Afrika het nie. Die struggle is n broederbond wat hulle saamsnoer!!

Mariné Lourens ·

Dagsê SjN

Dankie vir jou kommentaar. Volgens wet mag ‘n beskuldigde nie geïdentifiseer word voordat hy/sy in die hof verskyn het nie. Die verdagtes in hierdie geval het nog nie in die hof verskyn nie, daarom word hul name nie gepubliseer nie en hul gesigte verbloem. Hoop dit gee vir jou meer duidelikheid.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

CJ ·

Jaag hulle terug waar hulle vandaan kom. En watter verskil sal dit maak indien hulle gesigte gewys word?

Alida ·

Dit kry jy in n 3de wereld waar die grense vir elke jan rap oopgegooi word. Kry vir julle ANC hier is GEEN grensbeheer nie. Nou nie asof hier enige beheer in SA is nie. Die hele parlement en sy lede is korrup en buite beheer.

Helena. ·

Al hulle moeite om die trok te kaap ens. is toe pure verniet. Sluit die goed toe en vergeet van hulle..is net bly hulle is gevang.

HPV ·

En Trump word in die anc hool gekritiseer omdat hy ‘n muur wil bou om sy land te beskerm.

Heksie ·

“buitelanders” ek hou van daardie benaming vir hierdie onwettige immigrante, want
“foreign nationals” maak dat ek wil braak!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.