Vyf vas ná winkelrooftog

Die rooftog het op die hoek van Madeirastraat en Koebergweg in Rugby plaasgevind. Foto: Google Maps.

Vyf verdagtes is aangekeer ná ʼn gewapende rooftog op ʼn kruidenierswinkel in die Kaapse voorstad Milnerton.

Polisiebeamptes het Vrydagoggend gereageer op ʼn gewapende rooftog wat in die winkel aan die gang was. Ná ʼn skietery kon die polisie vyf van die vermeende rowers in hegtenis neem, sê lt.kol. André Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder. Talle ander rowers het egter daarin geslaag om weg te kom.

“Vanoggend omstreeks 08:50 het lede van die Wes-Kaapse honde-eenheid op ʼn klagte van ʼn rooftog in ʼn sakeonderneming op die hoek van Koebergweg en Madeirastraat [in die woonbuurt Rugby] gereageer,” sê Traut.

Met hul aankoms, het die lede gesien hoe die verdagtes in twee voertuie, ʼn Toyota Prado en ʼn Corolla, op die vlug slaan. “Tydens ʼn oor-en-weer-skietery tussen die polisie en die vier verdagtes in die Corolla is drie verdagtes gewond,” vertel Traut.

Die vier, tussen 25 en 35 jaar oud, is in hegtenis geneem terwyl hul makkers in die Prado kon wegkom. Die polisie soek nog na hulle.

Hy het in iemand se tuin naby die misdaadtoneel weggekruip.

Beamptes het beslag gelê op vier vuurwapens, drie 9 mm-pistole en ʼn .38-rewolwer, tesame met die kontant en sigarette wat na bewering uit die winkel geroof is.

Traut sê nadat die polisie die omgewing deursoek het, het hulle ʼn vyfde verdagte aangekeer wat te voet op die vlug geslaan het. “Hulle het hom aangetref waar hy in iemand se tuin naby die misdaadtoneel weggekruip het.”

Die drie gewondes is onder polisiebewaking in die hospitaal opgeneem en sal in die hof verskyn sodra hulle ontslaan word. Die twee wat nie gewond is nie, kom Maandag in die Kaapse landdroshof voor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Milan ·

Hollywood speel homself daagliks hier in die suidpunt van Afrika af.

Muffin ·

Dankie SAP vir die vinnige optrede. Gelukkig geen publiek of polisie beseur nie.

Alida ·

Ja bly die onskuldige mense is nie beseer nie. Goeie werk SAPD. Bly die gemors is gevang.

Cherokee ·

My ouboet het by herhaling gesê, hy sal Suid Afrika nooit verlaat nie omdat die interessantste dinge hier gebeur. Hy het egter sowat 3 maande gelede wel emigreer, maar na ‘n ander planeet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.